Tangled Tree: ’n Liefdesverhaal wat steeds ontluik!

Wyn is passie. Passie is liefde. En agter elke passie en liefde is daar ’n mooi storie. Dit word nêrens so duidelik uitgebeeld as in Van Loveren se Tangled Tree-wynreeks nie.

Baie jare gelede is twee verskillende bome langs mekaar geplant op hierdie veelbekroonde wynlandgoed van Hennie en Jean Retief. Oor die jare heen het hierdie bome wortel geskiet en gegroei. En nes Hennie en Jean mekaar in die liefde gevind het, het hierdie twee bome mekaar “gevind” en met mekaar verstrengel geraak. Mens kan amper sê hulle het met mekaar getrou!

Hierdie tasbare simbool van Hennie en Jean se liefde is egter geruime tyd nie meer beperk tot Van Loveren nie. Inteendeel, dit strek reeds veel verder as die Robertson-vallei … tot daar waar die ekovriendelike Tangled Tree-wyne geniet word.

Die reeks is pas uitgebrei met ’n kartonverpakte Cabernet Sauvignon van 3 liter wat teen sowat R125 beskikbaar is by Spar en Pick n Pay, asook aanlyn. Die wyn spog met ryk sjokolade- en mokka-geure en bied puik waarde vir geld.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>