Suid-Afrikaners sê ‘buon appetito’ met Two Oceans se Pinot Grigio

Date posted:
May 19, 2011

Suid-Afrikaners proe gretig iets nuuts, en daarom raak Two Oceans Pinot Grigio so gewild, sê die wynmaker, Michael Bucholz. Die 2011-oesjaar is een van net enkele pinot grigios wat plaaslik te kry is en word orals opgeraap danksy aanloklike geure en ’n verfrissende vrugtesmaak.

“Dis ’n ligte, krokante en pikante wyn wat ook ’n verrassend sy-agtige tekstuur het. Dis nie iets wat ’n mens gewoonlik met wit wyn verbind nie, maar dié een pas geweldig goed by kos. Die wyn vra vir loslit Italiaanse of ander Mediterreense kos, en Asiese disse met ’n bietjie skop. Die blommegeure en -smake wat aan perskes, appelkose en lietsjies herinner, gaan heerlik saam met Thaise, Chinese en selfs sommige Indiese disse.”

Pinot grigio is al lank ’n gunsteling van die Italianers wat ’n geweldige aanhang daarvoor in die VSA en VK opgebou het.

Two Oceans het sy eerste pinot grigio in 2008 bekend gestel, en daarna het verkope van elke oesjaar die hoogte in geskiet omdat Suid-Afrikaners van sy interessante en anderse smaakprofiel hou. Dit verkoop ook op ’n drafstap in talle lande in Europa, Noord-Amerika en die Asiese Stille Oseaan.

Die kleinhandelprys van omtrent R30 per bottel dra uiteraard by tot Two Oceans Pinot Grigio se gewildheid by.

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram