Suid-Afrikaanse wynplase tel onder bestes ter wêreld

Drie van Suid-Afrika se wynplase het ’n plek onder die top 50 wynplase in die wêreld behaal, naamlik Vergelegen buite Somerset-Wes (bo), Delaire Graff buite Stellenbosch en Creation Wines in die Hemel-en-Aarde-vallei buite Hermanus.

Zuccardi Valle de Uco van Argentinië het die eerste plek los geslaan op die lys van The World’s Best Vineyards.

Delaire Graff buite Stellenbosch.

Vergelegen beklee die 34ste plek en is benoem vir sy nalatenskap en erfenis van 300 jaar. Die landgoed is ook aangewys as die beste in Afrika. In die 39ste plek is Delaire Graff wat geprys is vir sy uitsigte op

Creation aan die bopunt van die Hemel-en-Aarde-vallei.

Tafelberg, sy kookkuns en sy weelderige verblyf. Creation is in die 45ste plek op die lys en is lof toegeswaai vir sy sewegang- kos-en-wyn-spyskaart en uitmuntende Pinot Noir en Chardonnay.

’n Groep van meer as 500 toonaangewende wynkenners, sommeliers en reisskrywers het die toekenning vir die beste wynplase geskep. Altesaam 1 500 wynplase wêreldwyd is vir die top 50-lys benoem.

Die top 50-lys is opgestel om die profiel van wyntoerisme te verhoog en besoekers aan te moedig om meer van die wêreld se beste wynplase te besoek en tradisionele en ontluikende wynprodusente te ontdek en verken.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>