Suid-Afrikaanse shiraz wys hul ware kleur

Date posted:
May 16, 2011

Die gehalte van Suid-Afrikaanse shiraz is weer eens bevestig tydens 'n internasionale proe-byeenkoms by die jaarlikse La Motte Shiraz Experience, wat vanjaar in Johannesburg aangebied is. Wynkenners en fynproewers het altesaam tien wyne uit Suid-Afrika, Frankryk, Australië en Kalifornië geproe.

 

“Die kollig is wêreldwyd op shiraz weens die sukses wat dié variëteit in die nuwe wêreld geniet. In hierdie groepering van ikoonwyne van oral in die wêreld het die Kaapse nuwegenerasiewyne die boonste helfte van die resultate oorheers”, het die Suid-Afrikaanse wynbeoordelaar en –skrywer, Michael Fridjhon, gesê.

 

Die toppresteerder was die 2001- Penfolds Grange Shiraz van Magill Estate in die Barossavallei, Suid-Australië. Tweede was die La Motte Pierneef Shiraz Viognier 2007 (Suid-Afrika), met die 2008- Boekenhoutskloof Syrah (Suid-Afrika) in die derde plek. Vierde was die 2008- Eagle’s Nest Shiraz (Suid-Afrika) en vyfde die 2004- E Guigal, Côte Rôtie, La Turque (Frankryk).

 
La Motte se Bestuurshoof, Hein Koegelenberg, sê: “By hierdie ‘blindproe’-byeenkoms was dit weer eens duidelik dat Suid-Afrikaanse shiraz sy plek in wêreldmededinging vierkantig kan volstaan.”

Die wyne is deur van die top-fynproewers in die Suid-Afrikaanse wynhandel en media beoordeel, met Fridjohn, Cathryn Henderson, redakteur van Wine Magazine, en Migual Chan, Deluxe Brand Sommelier vir  die Southern Sun-groep, as deel van die proepaneel.

 

Die volledige uitslag van die proe is:

 

1.            2001 Penfolds Grange

2.            2007 La Motte Pierneef Shiraz Viognier

3.            2008 Boekenhoutskloof Syrah

4.            2008 Eagles’ Nest Shiraz

5.            2004 E Guigal, Côte Rôtie, La Turque

6.            2007 Haskell Pillars Syrah

7.            2004 Chave Hermitage

8.            2005 Torbreck Run Rick Shiraz

9.            2006 Pax Kobler Hill Family Vineyard Shiraz

10.          2004 Clape Cornas

 

Einde

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram