Liefhebbers van die wynstok sal saamstem dat die feit dat wyn vanjaar reeds 350 jaar in Suid-Afrika gemaak en geniet word, ‘n mylpaal is wat verdien om gevier te word. Hulle sal dit sekerlik ook eens wees dat hierdie bedryf oor sy eie legendes beskik – manne en vroue wat deur hulle bydrae ons ervaring van wyn beïnvloed en gevorm het.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV) – een van die dryfkragte agter die 350 Jaar van Wyn-vieringe en organiseerders van die jaarlikse Veritas-toekennings – het op aanbeveling van die 350-loodskomitee leiding geneem in die proses om individue te vereer wat oor die laaste paar dekades ‘n pioniersrol gespeel het in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.
Voor v.l.n.r: Dave Hughes, Gerhard Hofmann, Piet Goussard, Ritsema de la Bat, Nino Costa, Duimpie Bayly.
Middel v.l.n.r: Wilhelm Linde , Swepie le Roux, Ernst le Roux, Prop Lategan, Christo Kok, Lourens Jonker.
Agter v.l.n.r: Joel van Wyk, Charl Theron, Gys Steyn, Dassie Smit, Pietman Retief, Hans Losch. (Foto: Araminta de Clermont)
Ag-en-twintig van dié bedryf se lewende legendes is op vanjaar se Veritas-toekenningsgeleentheid in Kaapstad gehuldig. Die lys sluit nie slegs bekende, afgetrede wynmakers en wynboukundiges in nie, maar ook prominente bedryfsleiers, wynskrywers, wynambassadeurs en wynpersoonlikhede.
Volgens Duimpie Bayly, SANWSV se voorsitter, het hierdie bedryfsikone óf uitstaande wyne van wêreldgehalte geskep óf die bedryf gelei deur hulle suiwer passie en visie. Die ontvangers van hierdie eerbewys het elkeen ‘n spesiaal ontwerpte oorkonde ontvang wat deur die loodskomitee van die 350 jaar-vieringe ontwikkel is.
Die Veritas-toekennings het, na byna twee dekades van topgehalte beoordeling en deurlopende hoë kwaliteit resultate, sy reputasie as die land se voorste kompetisie vir markklaarwyne dubbel en dwars verdien. Daarom is dit uiters gepas dat daar tydens hierdie glansgeleentheid hulde gebring is aan dié individue wat so ‘n beduidende rol in die SA wynbedryf gespeel het.
Die lewende legends wat vereer is, is:
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast