Suid-Afrika skitter op 'Groen Toekennings'

Date posted:
February 16, 2010

Suid-Afrikaanse wynmaatskappye het die uitslae van die heel eerste “Groen Toekennings” van Drinks Business einde verlede week in Londen oorheers.

 

Dr. Paul Cluver, stigter van Paul Cluver Wyne, het die hoogste lof ontvang deur die “Toekenning vir Lewenslange Prestasie” te verower vir sy deurlopende visioenêre benadering tot bewaring en sy benydenswaardige pogings om die omgewing te beskerm.

 

Inge Kotzé van die Biodiversiteit en Wyn-inisiatief het die “Persoonlikheidstoekenning” verower, en Backsberg het die “Volhoubaarheidstoekenning” in sy sak gesteek.

 

Paul Cluver Wyne en Stellar Organics op die Weskus-wynroete is as die naaswenners in die kategorie “Etiese Toekenning” aangewys. Suid-Afrika is dus in vier van die agt toekenningsuitslae goed verteenwoordig.

 

Die “Groen Toekennings” van Drink Business het dit ten doel om leierskap ten opsigte van die omgewing, volhoubaarheid en klimaatsverandering deur drankmaatskappye oral ter wêreld te beklemtoon en te beloon.

 

Su Birch, die uitvoerende hoof van Wines of South Africa (WOSA), het gesê dit was ’n belangrike gebeurtenis vir die ontwikkeling van Suid-Afrika se omgewingstatuur.

 

“Ons is in die wolke dat so baie van ons kampioene erkenning kry vir die groot bydrae wat hulle tot die bevordering van volhoubare praktyke in die wynbedryf maak. Suid-Afrika is heel voor wanneer dit kom by produksie-integriteit, en het hom daartoe verbind om in harmonie met die omgewing te werk om volhoubare en winsgewende groei in die lang termyn te verseker.”

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram