Suid-Afrika se witwyne verraai sy status in die wynwêreld

Date posted:
June 24, 2024

Suid-Afrika beklee ’n belangrike plek op die wêreld se wynkaart en sy witwyne staan aan die voorpunt. Dit is die mening van Decanter, ’n gesaghebbende wyn- en wynleefstylpublikasie en die aanbieder van die vooraanstaande Decanter World Wine Awards (DWWA). En dis juis op hierdie kompetisie dat Suid-Afrikaanse wyne reeds aansienlike sukses behaal het en waar die kollig keer op keer val op die land se uiteenlopende wynstyle en kultivars.

In die afgelope drie dekades het die Suid-Afrikaanse wynbedryf ’n herlewing ervaar waartydens innovering en verkenning die steunpilare is van sy groei - van ’n tydperk van produksie wat op grootmaatwyn en brandewyn gemik was tot die produksie vandag van wyne wat skouer-aan-skouer staan met sommige van die beste ter wêreld, met witwyn aan die voorpunt.

Chenin blanc, een van die land se vernaamste kultivars, is lank reeds bekend op Suid-Afrika se witwyntoneel. Uitslae op DWWA-kompetisies van die afgelope jare dui duidelik op Suid-Afrika se volgehoue verbintenis tot gehalte en ontwikkeling, en daar’s heelwat meer om te verken.

Die uiteenlopenheid van witwyn uit Suid-Afrika wat die hoogste erkenning op die DWWA ontvang, neem toe en wissel van wêreldklas- chardonnay en sauvignon blanc met semillon tot Rhône-styl en unieke versnitte.

En die reeks streke vanwaar hierdie wyne kom, neem toe. Van koelklimaatstreke soos Elgin langs die Kaapse Suidkus – bekend vir uitsonderlike uitdrukkings van chardonnay – tot warm, droë streke soos die Citrusdalberge van die Kaapse Weskus wat baat vind uit hoogte bo seevlak en vars en uitmuntende witwyne oplewer, skep Suid-Afrikaanse wynprodusente puik wyne, met die moontlikheid van verdere uitdrukkings in die toekoms.

Hieronder verskyn 15 uitmuntende wyne van Decanter se 2023-kompetisie, met meer by awards.decanter.com:

Iona, Elgin Highlands Chardonnay 2021 - Best in Show, 97 punte
Neil Ellis, Whitehall Chardonnay 2021 - Platinum, 97 punte
Lothian, Chardonnay 2021 - Gold, 96 punte
Paul Cluver, Seven Flags Chardonnay 2021 - Gold, 95 punte 
Diemersdal, The Journal Sauvignon Blanc, Durbanville 2022 - Platinum, 97 punte
Bellingham, The Founders Series Freda 2021 - Platinum, 97 punte
Boschendal, Chenin Blanc 2022 - Value Gold, 95 punte
Escapades, Semillon-Sauvignon Blanc 2017 - Gold, 95 punte
Capensis, Silene Chardonnay 2021 - Gold, 96 punte
Bartinney, Hourglass Chardonnay, Banghoek 2021 - Gold, 95 punte
Rustenberg, Wild Ferment Sauvignon Blanc, Simonsberg-Stellenbosch 2022 - Value Gold, 95 punte 
Tokara, Director’s Reserve 2020 - Gold, 95 punte
Piekenierskloof, Grenache Blanc, Piekenierskloof 2022 - Value Gold, 95 punte
Quest, Old Vine Chenin Blanc 2022 - Gold, 95 punte
Nederburg, The Winemasters Chardonnay 2022 - Value Gold, 95 punte

(Bron: Decanter)

einde

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram