Suid-Afrika se top versnitte en rosé’s van pinotage bekend gemaak

Die Pinotage-assosiasie het die wenners bekend gemaak van vanjaar se Perold Absa Kaapse Versnit-en Absa Pinotage Rosé-kompetisies.

Die uitsonderlike gehalte van vanjaar se wenwyne is ‘n bewys dat Suid-Afrikaanse wynmakers hul begrip van hul terroir verdiep het. Dit het hulle in staat gestel om versnitte van  wêreldgehalte en uniekheid te skep, lui die verklaring.

Die inskrywings vir vanjaar se kompetisie het weer eens uit ‘n groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse wynstreke gekom en in verskillende style en versnitte.

Die wenners in die Perold Absa Kaapse Versnit-kompetisie is:

KWV The Mentors Perold Cape Blend 2017

WO Kusstreek: Pinotage/Cabernet Sauvignon/Shiraz/Malbec/Petit Sirah

Wynmaker – Izele van Blerk 

Rijk’s Pinotage/Syrah   2015

WO Tulbagh : Pinotage/Syrah

Wynmaker Pierre Wahl 

Stellenbosch Hills Suikerboschrand Cape Blend 2015

WO Stellenbosch : Pinotage/Shiraz/Cabernet Sauvignon/Merlot      

Wynmaker James Ochse 

Warwick Three Cape Ladies 2017

WO Stellenbosch : Cabernet Sauvignon/Pinotage/Cabernet Franc

Wynmaker JD Pretorius

La Cave Cape Blend 2018

WO Wellington : Pinotage/Cabernet Sauvignon/Merlot

Wynmaker Francois van Niekerk

Die wenners in die Pinotage Rosé-kompetisie is: 

Bon Courage Lady of the HousePintage Rosé 
WO Robertson: Wynmaker Jacques Bruwer

De Krans Pinotage Rosé 2020 
WO Wes-Kaap: Wynmaker Christoff de Wet

Merwida Pinotage Rosé 2020 
WO Wes-Kaap: Wynmaker Magnus Kriel

Painted Wolf Pinotage Rosé 2020 
WO Paarl: Wynmaker Jeremy Borg

Florence by Aaldering Pinotage Rosé 2020 
WO Stellenbosch: Wynmaker Reinard Odendaal

Vir meer inligting, besoek www.pinotage.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>