Suid-Afrika se top 10 sauvignon blancs is …

Sauvignon Blanc SA en FNB het die wenners van vanjaar se FNB Sauvignon Blanc Top 10-kompetisie bekend gemaak … en nie minder nie as agt van die top tien is uit die 2019-oesjaar!

Altesaam 107 produsente het 183 wyne vir die jaarl;ikse kompetisie ingeskryf. Die land se uiteenlopende wynstreke is almal goed verteenwoordig. Vyf uit die ses Wes-Kaapse streke wat elkeen met ten minste een wyn in die top 20 spog.

FOTO: Voor: Wimpie Borman (Groote Post), Rudger van Wyk (Stark-Condé), Anneri Duminy (Stark-Condé), Mari Branders (Diemersdal), Morgan Steyn (De Grendel), Julius Moleleki (De Grendel), R.J. Botha (Sauvignon Blanc SA Chairperson), Arno Cloete (FNB). Middel: Magnus Kriel (Merwida), Juandré Bruwer (Diemersdal), Tim Whitfield (Tokara), Stuart Botha (Tokara), David Nieuwoudt (Cederberg). Agter: Leon Dippenaar (Du Toitskloof), Shaun Thomson (Du Toitskloof), Tiaan Loubser (Du Toitskloof), Schalk van der Merwe (Merwida), Lukas Wentzel (Groote Post), Anthony Kock (Spier), Stephan Claassen (FNB), Geoff McIver (Lomond), David Mostert (Lomond), Werner du Toit (FNB), Jacques Erasmus (Spier).

Altesaam 12 van die top 20 wyne is van die 2019-oesjaar, wat die bedryf se eensgesindheid dat vanjaar ’n skitterende jaar vir sauvignon blanc was, onderskryf.

Vanjaar se Top 10 – in alfabetiese volgorde – is:

  • Cederberg Ghost Corner Sauvignon Blanc 2019            
  • De Grendel Koetshuis Sauvignon Blanc 2019  (Gehout)
  • Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2019      
  • Du Toitskloof Land’s End Sauvignon Blanc 2018 (Gehout)
  • Groote Post Seasalter Sauvignon Blanc 2019 (Gehout)
  • Lomond Sauvignon Blanc 2019       
  • Merwida Sauvignon Blanc 2019      
  • Spier Ideology Sauvignon Blanc 2019             
  • Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2018 (Gehout)
  • Tokara Reserve Collection Elgin Sauvignon Blanc 2019 (Gehout)

Wynliefhebbers sal vanjaar se Top 10-wyne via die Wine of the Month Club kan bekom. Vir meer inligting, stuur ’n epos admin@sauvignonblanc.com

Vir meer inligting, besoek www.sauvignonblanc.com of skakel 021 975 4440.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>