Suid-Afrika se beste shiraz in die kollig, en Decanter bevestig wêreldgehalte van plaaslike wyn

“Die gehalte van shiraz-wyne verbeter jaar op jaar en dit maak dit uiters moeilik om wenners uit te sonder want daar is soveel uitstekende wyne wat in die boonste vlak meeding. ’n Tendens wat vanjaar vorendag gekom het, is dat die wyne heelwat meer vruggedrewe is.”

Dis die mening van die sameroeper en voorsitter van die proepaneel vir die 9de jaarlikse Shiraz-uitdaging, Dr Andy Roediger, ’n Kaapse Wynmeester.

“Dikwels kom aromatiese eienskappe na vore eerder as die kruie-karakter van die ou wêreld, en tog word die volronde mondgevoel behou,” voeg Roediger by. “Speseryagtigheid is opmerklik, maar na my mening is die pepergeure nie so waarneembaar soos in vorige jare nie. Laer alkoholvlakke is ook opmerklik. Om dus op te som, die shiraz-wyne is gemaak in ’n styl om vroeër geniet te word as in die verlede.”

Die top 12 shiraz-wyne vanjaar is (foto bo):

Cederberg Shiraz 2018

Driehoek Syrah 2019

Flagstone Dark Horse Shiraz 2017

Glen Carlou Syrah 2019

Kleine Zalze Family Reserve Shiraz 2017

Kleine Zalze Vineyard Selection Shiraz 2018

Koelfontein Shiraz 2019

Landskroon Paul de Villiers Shiraz 2019

Neil Ellis Groenekloof Syrah 2019

Rooiberg Winery Shiraz Reserve 2019

Saronsberg Shiraz 2019

Stellenbosch Vineyards Credo Shiraz 2018

Sedert 2014 is shiraz-versnitte by die kompetisie ingesluit en hierdie jaar het die kategorie ’n merkbare styging in inskrywings getoon.

Die top shiraz-versnitte is:

  • Anura SMG Reserve 2018
  • KWV Roodeberg Dr Charles Niehaus 2018
  • Stellenzicht Acheulean Red 2018

Die kategorie vir rosé van shiraz is in 2020 vir die eerste keer by die kompetisie ingesluit. Daar was weer eens net ’n handjievol inskrywings en die drie finaliste was almal van die 2021 oesjaar. Villion Family Wines se Rosa Rabbedoe Rosé 2021 het met die louere weggeloop. Lyngrove Collection Shiraz Rosé en Saronsberg Shiraz Rosé is as naaswenners aangewys is.

Nasionale Shiraz-dag

Edmund Terblanche, Voorsitter van Shiraz SA, het tydens die seremonie aangekondig dat Shiraz SA besluit het om 21 Augustus as Nasionale Shiraz-dag aan te wys.

Vir verdere inligting, besoek www.ShirazSA.co.za. Gesels saam en volg Shiraz SA op Twitter @Shiraz_SA, Facebook (ShirazSouthAfrica) en Instagram @shirazsouthafrica.

SA wyne skitter op Decanter World Wine Awards

Die Stellenbosse en Kaapstadse wynlandgoedere Tokara en Constantia Glen was onder die plaaslike uitblinkers op die jongste Decanter World Wine Awards in Londen.

Tokara, ’n vooraanstaande cabernet sauvignon-produsent, het twee goue medaljes verower terwyl al vyf die wyne wat hy ingeskryf het vir die kompetisie die grens van 90 uit ’n moontlike 100 punte oorgesteek het.

Die twee goue medalje-wenners is die Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2018 (96 punte) en die Director’s Reserve White 2018 (95 punte). Laasgenoemde is ’n versnit van 63% sauvignon blanc en 37% semillon.

Die ander wyne van Tokara wat geskitter het, is die Elgin Sauvignon Blanc 2020 (93), die Director’s Reserve Red 2018 (92) en die Blanc de Blancs Cap Classique 2013 (92).

Constantia Glen se vlagskip van die 2017-oesjaar, die FIVE, het nie net ’n platinum-toekenning verwerf nie, maar ook ’n ongelooflike 97 punte aangeteken.

Die Constantia Glen FIVE 2017 is ’n Bordeaux-styl rooi versnit wat bestaan uit 32% cabernet sauvignon, 24% merlot, 17% cabernet franc, 17% petit verdot en 10% malbec.

 

Ander produsente wat uitgeblink het, is:

Decanter Best in Show:

Cederberg Five Generations Cabernet Sauvignon 2018

Platinum-toekennings:

Delaire Graff 2018 Reserve Cabernet Sauvignon,

Quoin Rock 2014 Black Series Brut,

KWV 2017 The Mentors Perold,

KWV 2019 Cathedral Cellar Sauvignon Blanc,

Warwick 2018 Trilogy,

Glen Carlou 2018 Collection Red Blend,

Bellingham 2019 The Bernard Series Old Vine Chenin Blanc,

Peter Falke 2017 Signature Kailani.

Goue medaljes:

Kleinood 2017 Tamboerskloof Syrah,

Piekenierskloof 2020 Chardonnay,

Saronsberg Cellar 2019 Full Circle,

Saronsberg 2018 Seismic,

Diemersdal 2020 The Journal Sauvignon Blanc,

Diemersdal 2019 The Journal Pinotage,

Quoin Rock 2019 Vine Dried,

Diemersdal 2019 The Journal Cabernet Sauvignon,

Laborie 2015 Blanc de Blancs,

KWV 2018 The Mentors Grenache Blanc,

KWV 2018 The Mentors Canvas,

KWV 2018 The Mentors Pinotage,

KWV 2019 The Mentors Chenin Blanc,

Francois van Niekerk 2019 Pinotage,

Klein Constantia 2017 Vin de Constance,

Bouchard Finlayson 2019 Tête de Cuvée Pinot Noir,

Boschendal 2009 Jean Le Long Prestige Cuvée,

Nederburg 2015 Private Bin R163 Auction Reserve Cabernet Sauvignon,

Villiera 2017 The Clan,

Cederberg 2020 Ghost Corner Sauvignon Blanc,

De Wetshof 2020 Lesca Chardonnay,

Le Riche 2018 Reserve Cabernet Sauvignon,

Spier 2018 21 Gables Cabernet Sauvignon,

Babylonstoren 2015 Sprankel Brut,

L’Avenir 2019 Single Block Chenin Blanc,

Cederberg 2018 Shiraz,

Babylonstoren 2018 Shiraz,

Peter Falke 2016 Kanoa Exclusive Blend,

Babylonstoren 2018 Nebukadnesar,

Peter Falke 2020 PF Chardonnay,

Stellenview Premium Wines 2017 Shiraz,

Ridgeback 2017 His Master’s Choice Signature S,

Rustenberg 2019 Five Soldiers Chardonnay,

Paul Cluver 2018 Seven Flags Chardonnay,

Hartenberg 2017 The Stork,

Spier 2017 Creative Block 3,

De Wetshof 2018 Bateleur Chardonnay.

’n Rekordgetal van 18 000 wyne van 56 lande is vir die kompetisie ingeskryf.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>