Stylvolle nuwe voorkoms vir Fleur du Cap Natural Light

Date posted:
June 3, 2009

Fleur du Cap Natural Light - ‘n gewilde, gesondheidsvriendelike wyn gesog vir sy lae alkoholinhoud en uitbundige vrugtesmaak - pronk nou in ‘n skitterende nuwe baadjie, ideaal vir stylvolle geleenthede.

 

Die toeganklike Fleur du Cap Natural Light 2009 is ‘n vars en vrugtige versnit van 90% chenin blanc- en 10% wit muskadel-druiwe wat aan die wyn sy effesoet-karakter verleen.

 

Goed gebalanseerde vrugtegeure soos appel en sitrus, saamgeweef met aanloklike bloeiselaromas, ontvou speels op die tong as ‘n ligte, verfrissende witwyn wat grasieus en sonder moeite oor die tong gly. 

 

Maak nie saak wat die geleentheid is nie, met ‘n alkoholinhoud van slegs

9.2 % kan jy met hartelus langer kuier sonder enige skuldgevoelens.

 

Die indrukwekkende vrugtegeure van die nuwe Fleur du Cap Natural Light 2009 maak dit besonders veelsydig en dit is die ideale wyn om as ‘n verkwikkende “spritzer” te bedien. Voeg net sodawater by en siedaar, ‘n byna sondelose drankie wat welkom is in daardie tye wanneer jy jou gewig dophou of wanneer jy die verantwoordlikhede van mawees ook tog nog wil deel met die kleiner plesiertjies in die lewe.

 

Die nuwe Fleur du Cap Natural Light 2009 is ‘n staatmaker-witwynkeuse, maak nie saak watter dag, tyd of plek. Onthou ‘n bottel vir jou volgende piekniek, geniet dit tydens ‘n luilekker-middagete in die tuin of skink hom by jou volgende braai. Die wyn is ook perfek vir daardie groetglas voor ‘n  spesiale geleentheid.

 

Kyk uit vir die nuwe Fleur du Cap Natural Light 2009, beskikbaar by jou naaste drankhandelaar teen ongeveer R30 ‘n bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram