Stellenbosch vier weer eens die kos-en-wynleefstyl

Date posted:
July 5, 2024

Dis weer tyd om die kos-en-wyn-leefstyl op Stellenbosch te vier! Die jaarlikse Wine Town Stellenbosch vind van 29 Julie tot 4 Augustus plaas in die geskiedkundige ou stadsaal, met die hoogtepunt op 2 en 3 Augustus. Hierdie fees is in 1973 vir die eerste keer aangebied.

Sowat 60 produsente van die streek sal meer as 200 van hul beste wyne op die fees ten toon stel. En die hongerpyne sal gestil word deur ’n keur van die lekkerste eetgoed.

Onder die bekende wynprodusente wat teenwoordig sal wees, is Simonsig, Alto, Spier, Rust en Vrede, Blaauwklippen en Kleine Zalze, terwyl die groep-sjef van Bertus Basson Restaurants, Adel Grewar, die hongerpyne sal stil maak. Daar sal ’n oestafel wees, klein bordjies met plaaslike temas en geure, en natuurlik ’n buffet vir die soet tande.

Feesbesonderhede 

  • Datums en tye: Vrydag, 2 Aug: 17:00 - 21:00 en Saterdag, 3 Aug: 14:00 - 18:00
  • Kaartjies: R490 per persoon
  • Kaartjies sluit in 18 proekoepons, lewende vermaak en oesfees
  • Kaarthies beskikbaar by Plankton.

einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram