Stellenbosch Hills vier 30 jaar van Muscat de Hambourg

Stellenbosch Hills vier vanjaar ’n groot mylpaal met die bekendstelling van die jongste oesjaar van die Muscat de Hambourg, 30 jaar nadat dié bekroonde kelder hierdie heerlike dessertwyn vir die eerste keer gemaak het. Dit is Suid-Afrika se enigste kontemporêre weergawe wat as enkelkultivar gebottelleer word.

Die Stellenbosch Hills Muscat de Hambourg 2018 spog met ’n aanloklike robyn-geelbruin skynsel. Kersie- en bessiegeure word saam met ’n skeutjie Turkse lekkers bespeur wat uitloop in ’n pikante smaak waar dit hande vat met soet speserye. Die smaak talm lank ná die laaste slukkie.

“Hierdie wyn het ’n effens tweesydige persoonlikheid, soos ’n superheld,” sê die keldermeester,  PG Slabbert. “Dit word dikwels in ’n styl-kategorie ingedruk, maar die eerste slukkie is ’n onthullende verrassing: ’n wyn met sterk geure, kompleksiteit en elegansie.”

Stellenbosch Hills is een van slegs twee kommersiële Muscat de Hambourg-produsente, maar die enigste wynkelder om dit as enkelkultivar te bottelleer. Die wingerd is oorspronklik in 1987 geplant, maar moes in 2001 vervang word. Vandag beslaan die opgeleide wingerd net minder as een hektaar.

Muscat de Hambourg is in Duitsland ontwikkel en die kultivar is ’n kruising tussen Muscat d’Alexandrie en Frankenthal. Stellenbosch Hills maak die wyn in ’n Jerepigo-styl, wat beteken die ongegiste druiwesap word met ’n wynspiritus gefortifiseer.

“Soeter wyne het ’n lojale gevolg in Suid-Afrika en is dikwels die beginpunt vir baie nuweling-wyndrinkers,” sê Stellenbosch Hills se wynmaker, James Ochse. “Ons het dikwels besoekers wat ywerig hul nostalgie oor die Muscat de Hambourg deel. Elkeen het ’n storie te vertel.”

The Muscat de Hambourg 2018 is nou op sy heel beste, maar sal met bottel-veroudering vir die volgende vier tot vyf jaar aanhou verbeter. Dis nie net hemels op sy eie nie, bedien yskoud of oor gebreekte ys, maar ook oor vanieljeroomys en aarbeie.

Die Muscat de Hambourg 2018 verkoop teen R65/bottel en is by die kelder en landswyd by uitgesoekte handelaars en restaurante beskikbaar.

Vir meer inligting, besoek www.stellenbosch-hills.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>