Stellenbosch Hills verras met ‘Fizz&Fudge’

Sagte, botteragtige fudge. Net die gedagte laat mens se mond water. Voeg nou die borrel-byt van Polkadraai-vonkelwyn by en jy het ’n feestelike partytjie in die mond. Hierdie vrolike Fizz & Fudge-ervaring is ‘n opwindende nuwe pasmaat-extravaganza wat tot einde Februarie by Stellenbosch Hills beskikbaar is.

Teen slegs R40 per persoon proe besoekers twee van Stellenbosch Hills se Polkadraai-vonkelwyne saam met handgemaakte fudge wat spesiaal daarvoor uitgesoek is.

Die Polkadraai Pinot Noir Sparkling Rosé 2018 word met ’n tradisionele botter-fudge bedien. Die wyn is tot barstens toe vol geure van rooi bessies en aarbeie en so ’n skeut spookasem.

Dan is daar die Polkadraai Sauvignon Blanc Brut 2018 met sy vars geure van tropiese vrugte, net die regte pasmaat vir ’n sjokolademout-fudge.

Die Fizz & Fudge-ervaring is slegs op bespreking beskikbaar. Bespreek deur 021 881 3828/9 te bel of stuur ‘n epos na info@stellenbosch-hills.co.za.

Stellenbosch Hills se proelokaal is geleë op die hoek van die R310 en Vlottenburgpad, net buite Stellenbosch.

Vir meer inligting, besoek www.stellenbosch-hills.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>