Stellenbosch Hills stel skaars bottels Sense of Place-wyne bekend

’n Beperkte getal bottels van wyne wat net in uitsonderlike oesjare gemaak word, is pas bekend gestel. Dis slegs die tweede keer dat die Suikerboschrand Cape Blend en Anna Christina Cap Classique – albei deel van Stellenbosch Hills se vlagskipreeks, Sense of Place – beskikbaar gestel word.

Sense of Place word gebore uit die beste wingerde tot die wynmaker se beskikking en bied ’n intieme kykie na die herkoms wat deur die Stellenbosch Hills-portefeulje vloei. Die hoeveelheid is dus beperk tot dit wat die wingerd verskaf én ook wat die harmonie van die groeiseisoen bied.

Die Sense of Place Suikerboschrand (bo) is ’n versnit met pinotage en shiraz as die hoof-rolspelers, met gelyke dele cabernet sauvignon en merlot. Sy proenotas beskryf die wyn as “volrond” en “elegant”, met oordadige skeutjies ryp bessies, donkersjokolade, sigaarboks en ’n bietjie speserye.

Die 2017-oesjaarwyn het dubbelgoudstatus by vanjaar se Veritas-wyntoekennings verwerf, terwyl sy voorganger, die Sense of Place Suikerboschrand 2015, ’n Perold ABSA Cape Blend Top Vyf-wenner in 2020 was, en ook 4½ sterre in sowel die 2020- as die 2021-uitgawes van die Platter-wyngids ontvang het.

Die jongste Sense of Place Anna Christina Cap Classique (regs) is geheel en al van chardonnay-druiwe van Stellenbosch gemaak. Dis ’n grasieuse sjampanje met geure van vars appels, sitrusbloeisels en ’n neutagtige gissmaak wat die tong omvou. Hierdie karakter het ontwikkel van die wingerd tot die 15 maande wat dit op die gismoer deurgebring het. Die Cap Classique is vernoem na die oudste dogter van die Stellenbosse wynpionier en eerste wynboer in die Vlottenburg-omgewing, wat nou die tuiste van Stellenbosch Hills is, Antonie Vlotman.

Die druiwe vir die 2020-oesjaarwyn kom uit ’n enkelwingerd met ’n ligging wat uniek in Stellenbosch is. Koel seebriesies vertraag die rypwording en laat intense geur in die bessies ontwikkel.

Die jongste bekendstellings maak van hulle die “nuwelinge” in die reeks van vier onder die Sense of Place-etiket, wat in 2019 bekend gestel is. Hulle is by uitgesoekte boetiek-wynwinkels en restaurante landswyd beskikbaar, asook aanlyn by die Stellenbosch Hills.

Die Sense of Place Suikerboschrand 2017 kos R395 terwyl die Sense of Place Anna Christina MCC 2020 teen R205 verkoop word.

Vir meer inligting oor Stellenbosch Hills, skakel 021 881 3828/9 of stuur ’n epos aan info@stellenbosch-hills.co.za, of besoek www.stellenbosch-hills.co.za. Stellenbosch Hills is ook op Facebook (StellenboschHills), Twitter @STBHills en Instagram @stellenbosch_hills.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>