Stellenbosch Hills laat waai top wynreeks se proppe vir feesseisoen!

Stellenbosch Hills sit vanjaar ekstra sprankel in die feesseisoen deur besoekers aan die wynkelder die unieke geleentheid te gee om hul vlagskipwyne per glas te kan proe. En aangesien dit die tyd vir gee is, is daar ’n hele paar “vonkelende verrassings” wat op besoekers wag.

Tot die einde van Februarie sal wynliefhebbers wat een van die wynkelder se gewilde pasmaat-ervarings geniet met hul aankoms ’n komplimentêre “groetglas” van die elegante Sense of Place Anna Christina MCC 2019 ontvang. As jy drie of meer bottels van hierdie vonkelwyn koop, is daar ’n gratis “fraai vonkelprop” in die boks wat jou oorskiet borrels langer vars sal hou (hierdie aanbod is ook beskikbaar as jy aanlyn koop).

Stellenbosch Hills se baanbreker-pasmaats het besoekers aan hierdie bekroonde streek se jaarlikse hoogtepunt geword. Toe die vrolike Polkadraai & Springmielie-pasmaats bekend gestel is, was almal gaande daaroor. Uiteindelik was daar iets waarby almal aanklank kon vind: vier prettige, toeganklike Polkadraai-wyne wat saam met bypassende springmielies bedien word.

Die tweede opsie – ’n biltong-en-droëworsavontuur – is al langer deel van die pret en bly ’n groot gunsteling onder besoekers. Hier word ses top Stellenbosch Hills-wyne met spesiaal uitgesoekte gepekelde en gedroogde vleise pasgemaak.

By Stellenbosch Hills se eksklusiewe “top-reeks-per-glas-wynproe” sluit die raar plesier onder meer die kelder se Sense of Place Kastanjeberg gehoute Chenin Blanc in, afkomstig vanaf  ’n unieke enkelwingerdblok hoog teen die hange van Valsbaai. Belangstellendes kan ook nou die Sense of Place Suikerboschrand Kaapse Versnit, wat vernoem is na ’n endemiese struik in die Kaapse Blomkoninkryk, per glas proe. Die reeks is vir die fynproewer wat die individuele wingerdkomponente tot die wynmaker se beskikking, wil verstaan.

Sense of Place is slegs in beperkte hoeveelhede beskikbaar en die wyn sal net in die jare wat die wingerde op hul beste vertoon, bekend gestel word.

Die proe sluit ook die indrukwekkende 2007-oesjaar van die kelder se 1707 Reserve Red in.

Die “top-reeks-per-glas-wynproe” is beskikbaar teen R30 per wyn, die Polkadraai & Springmielie-pasmaats teen R55 per persoon, en die Biltong & Wyn-pasmaat teen R75 per persoon. Elke ervaring duur tussen 30 en 60 minute. Neem kennis dat die eksklusiewe “top-reeks-per-glas-proeë” net tot die einde Februarie 2021 aangebied word.

Bespreking is belangrik en kan gedoen word by info@stellenbosch-hills.co.za of 021 881 3828. Besoek www.stellenbosch-hills.co.za vir meer inligting en om toegang tot die aanlynwinkel te kry.

Deel jou Stellenbosch Hills oomblikke op Facebook (https://www.facebook.com/StellenboschHills/), Twitter @STBHills en Instagram @stellenbosch_hills.

Stellenbosch Hills is geleë op die hoek van die R310 en Vlottenburgpad buite Stellenbosch.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>