Stellenbosch Hills dink ‘uit die boks uit’!

Mens hoef nie meer te wag tot na die inperking vir Stellenbosch Hills se gewilde Biltong-en-Wyn- en Springmielie-en-Polkadraai-bederf nie. Dis nou so maklik soos “epos-en-oplaai” en jy kan hierdie gewilde wyn-en-peuselpasmaats by jou eie huis geniet.

Die bokse is ideaal vir knibbel en teug op koue wintersdae of met Skype- en Zoom-kuiers met jou vriende en familie.

Die Biltong-en-Wyn-boks het al die gunstelinge. Daar is ’n gemengde boks wyn met Polkadraai Pinotage/Merlot, 1707 Reserve White, 1707 Reserve Red, Stellenbosch Hills Shiraz, Stellenbosch Hills Cabernet Sauvignon en Stellenbosch Hills Merlot. Die boks word gepak vir twee mense en sluit ook ses variasies afsonderlik gepakte sakkies biltong en droëwors in. Daar is springbok-, koedoe-, sappige bees- en gerookte biltong, en bees- en volstruis-droëwors.

As jy ekstra biltong en droëwors vir nog vrinne in jou “proe-partytjie” wil insluit, is ’n addisionele ses porsies teen slegs R50/persoon beskikbaar. Die boks sluit proenotas in en kos net R600.

Die Springmielie-en-Polkadraai-boks sluit vier wyne van die prettige Polkadraai-reeks in, die Sauvignon Blanc Brut, die Chenin Blanc/ Sauvignon Blanc, die Rosé en die Pinotage/ Merlot. Die springmielies is beskikbaar in vier geure wat deur die talentvolle Guzzle & Wolf Gourmet Popcorn-maatskappy ontwikkel is, elkeen verpak vir ’n heerlike peusel-ervaring vir twee. Daar is kokosneut en chia-saadjies, gesoute karamel, kaneel en pretzel, en donker sjokolade.

Ook hiermee word proenotas verskaf. Teen slegs R300 vir die hele boks is dit ’n ware winskopie. Kry ekstra springmielies vir net R40/persoon.

Stuur ’n epos na info@stellenbosch-hills.co.za of kontak Sellenbosch Hills op 021 881 3828 vir bestellings.

Neem asseblief kennis dat die bokse net beskikbaar is vir self-oplaai by die kelder se proelokaal op die hoek van die R310 en die Vlottenburgpad buite Stellenbosch, van Maandag tot Donderdag tussen 9vm en 5nm.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>