Steenberg se Ruby Rosé trek ’n nuwe baadjie aan

Daar word beweer dat rosé moontlik die oudste bekende wynstyl is aangesien dit glo die eenvoudigste is om te maak met die dopkontakmetode. Waaroor egter nie getwyfel word nie, is dat hierdie wynstyl regoor die wêreld in gewildheid toeneem en daarop gemik is om mense bymekaar te kry – famile en vriende – vir heerlike samesyn.

Rosé is al “romanse in ’n glas”, die “pienk alternatief” en die “ideale ontspanningsdrankie” genoem, en nou het Steenberg sy pienke ’n nuwe baadjie aangetrek wat op sy elegansie en sofistikasie wys.

Die Steenberg Ruby Rosé 2021 is van syrah-druiwe gemaak om enige tyd, enige plek en enige geleentheid geniet te word.

Die stylvolle nuwe etiket gee prominensie aan die ikoniese swaan wat die gehalte en aansien verteenwoordig waarvoor Steenberg staan. Dit het ’n tydlose dog kontemporêre estetika.

Hierdie droë, lewendige en ligte koraalkleurige wyn is die ideale pasmaat vir warm, sonnige dae. Dit ontplof met met ’n boeket van aarbei-sorbet, bloubessie-coulis, roosblare, waatlemoen en vars kruie.

Steenberg se Ruby Rosé 2021 is landwyd beskikbaar en kos R105 by die proelokaal. Vir aanlyn-aankope, besoek https://www.steenbergfarm.com/buy-wine-online/.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>