Spittoon Saloon – ’n kletsprogram oor wyn soos geen ander

Kan ’n wynverwante video hoegenaamd die moeite werd wees? Wel, oor die volgende paar weke gaan sommige van Suid-Afrika se mees gevierde wynmakers bekend gestel word. En sommige wat nie genoeg gevier word nie.

Hulle sal stories vertel wat nie normaalweg gehoor word nie en antwoorde gee op vrae wat nie normaalweg gevra word nie.

Die kykers sal net so verras word soos die wynmakers, met “blinde” proeë, ondervragings en heel ongewone versoeke. En dit sal gedoen word sonder enige verwysing van houtgebruik, gistingstegnieke of die vooruitsigte vir die volgende oesjaar.

Hulle sal geskenke gee, gewoonlik in die vorm van wyn, maar nie hul eie nie. Wyn van wynmakerye waarvan hulle hou of wynmakers wat hulle inspireer. Wyne waarvan hulle mooi herrinneringe het … of nie.

Die doel is om ’n platvorm te skep wat vermaak, inlig en inspireer, of die kyker nou ’n “ervare” wynliefhebber is of nuut op die wynlandskap. Hierdie kort films se doelwit is om nuuskierigheid te prikkel deur onder die vel van Suid-Afrikaanse wyn in te kruip in ’n baie opwindende tydperk.

Sluit dus gerus by die gasheer, James Bisset, aan terwyl hy die sluier lig op sommige van die kleurvolle karakters in die bedryf. En as dit nie na jou smaak is nie, is jy welkom om die “spoegbak” te gebruik.

Die eerste episode het op 11 Oktober plaas gevind. Skakel in op Winemag.co.za of via Spitoon Saloon.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>