Spier swaai septer op Veritas

Date posted:
October 11, 2009

Die Spier-landgoed buite Sellenbosch het vanjaar se Veritas-toekennings so te sê syne gemaak! Spier Wyne het behoorlik die septer geswaai by die 2009- Veritas-toekennings deur nie minder nie as vyf dubbelgoue en ‘n halfdosyn goue medaljes te verower op hierdie jaarlikse, gesaghebbende kompetisie, geborg deur Agri-Expo.

 

Ander top-presteerders op die dubbelgoud- en goud-punteleer is Nederburg Wyne (2 dubbelgoud, 5 goud), Fleur du Cap (2 dubbelgoud, 2 goud), Boplaas (2 dubbelgoud, 3 goud), Ernie Els Wyne (2 dubbelgoud, 1 goud) en Windmeul Kelder (2 dubbelgoud, 1 goud).

 

Anura, Cape Point Vineyards, Diemersfontein Wyne en Guardian Peak het ook uitgeblink met twee dubbelgoue medaljes elk,

 

Uit ‘n total van 1 728 inskrywings is 40 (2%) dubbelgoue, 109 (6%) goue, 444 (25%) silwer en 676 (39%) brons medaljes toegeken.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram