Spesiale Franse roosterbrood en cabernet/shiraz-versnit

Date posted:
April 13, 2011

Hier’s die tweede Paasresep vir ietsie spesiaals en lekker soet van die sjef, Nadia Louw Smith. Sy’s die sjef in The Restaurant @ Clos Malverne in die Devonvallei buite Stellenbosch.

 

Paasbolletjie- Franse roosterbrood (French toast) met bros lendeskyfspek (streaky bacon), bloubessies en esdoringstroop (maple syrup).

 

6 porsies

 

·        6 Paasbolletjies

·        3 eiers geklits

·        100ml room of melk

·        1 pakkie bloubessies

·        2 eetlepels esdoringstroop

·        1 pakkie bros lendeskyfspek

·        2 teelepels olyfolie

·        Sout en peper na smaak

 

1.      Pak die spek in ‘n oondvaste dis en plaas in die voorverhitte oond totdat dit bros is.

2.      Klits die eier en room/melk tot goed gemeng is.

3.      Sny die Paasbolletjies in die helfte en dompel in die eiermengsel.

4.      Braai die gedompelde Paasbolletjies in ‘n pan in die olyfolie tot bros aan albei kante.

5.      Bedien warm bedruip met die stroop en plaas spek en bloubessies bo-op.

 

 

Nadia stel voor mens geniet Clos Malverne se Cabernet Sauvignon/Shiraz-versnit saam met hierdie watertanddis.

 

Die laaste resep vir die komende Paasnweek is vir ‘n Paasfeesslaai, en dit kom weer eens uit Nadia Louw Smith se “kookboek”. Hou hierdie ruimte dop daarvoor!

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram