Soet, verruklik en dekadent!

Date posted:
May 30, 2011

Wie sê ’n mens skink soetwyn net saam met nagereg? Al hoe meer van die wêreld se voorste sjefs, soos die broers Ferran en Albert Adria, voorheen van die wêreldberoemde Spaanse restaurant, El Bulli, begin saamstem dat die verskil tussen soet en sout nie so duidelik is as wat tot dusver aanvaar is nie.

 

Die talentvolle Suid-Afrikaanse sjef, Jacques Erasmus, wat bekend is vir die opwindende en vernuwende manier waarop hy smaakkombinasie benader, het vier soetwyne van Nederburg onlangs in sy Kaapse restaurant, Hemelhuijs, met ander disse saamgevoeg, en nie een daarvan was ’n nagereg nie!

 

Die wynmaker, Tariro Masayiti, het die wyne bekend gestel en die gaste was verstom oor hoe goed die kombinasies geslaag het.

 

 

 

 

 

 

 

’n Warm onderstebo-peertert met vars peerslaai en foie gras is bedien met Nederburg Private Bin Edelkeur van 2008.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

’n Vark-en kalfslewerterrien met bronslaai, croutons en Parmesaan-en-Pommery-mostertsous het wonderlik saam met Nederburg se Private Bin Eminence van 2008 gesmaak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nederburg Winemaster’s Reserve Special Late Harvest 2010 is weer aangevul deur pangebraaide kalfsvleis met gerookte-oesterroom.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

’n Warm vye-brioche met Hugenote-kaas en rooi pomelo is saam met die 2009- Nederburg Winemaster’s Reserve Noble Late Harvest bedien.

 

 

 

 

 

 

 

Gaan na  of www.youtube.com/nederburgwine om te sien wat gaste by die funksie te sê gehad het oor die opwindende kombinasies van die soetwyne en disse!

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram