Soet sensasies en rosé op Anthonij Rupert Wyne tydens die maand van liefde!

Anthonij Rupert Wyne in die Franschhoek-vallei omskep vanjaar se Valentynsdag in ’n maandlange viering van die liefde. Tydens Februarie kan besoekers aan dié bekroonde wynlandgoed in die natuurskone vallei ’n komplimentêre proe van sy rosé-wyne geniet.

Proe en ervaar enige van die landgoed se rosé-styl wyne, of selfs almal, tydens die maand van liefde, insluitende die Protea Rosé 2018, L’Ormarins Brut Rosé 2015, L’Ormarins Brut Classique Rosé NV en die Jean Roi Cap Provincial Rosé 2017. Hierdie “mees romantiese van wyne” kan òf op hul eie geniet word òf saam met ’n smaaklike Valentynsete. Die Jean Roi Cap Provincial Rosé is die idale maat vir ’n heerlike Caprese-en-nektarien-somerslaai, pangebraaide garnale en kreef, of geskroeide eendbors bedien met ’n tuisgemaakte aarbeitert.

Maak sommer ook van die geleentheid gebruik om die tuisvoorraad rosé aan te vul. Vir elke vyf bottels rosé wat in die maand van Februarie gekoop word, sal ’n sesde bottel gratis bygevoeg word. Die wyn is in die landgoed se proekamer beskikbaar, asook deur die wynklub en aanlyn.

Plaas die kersie op die spreekwoordelike koek en rond ’n romantiese besoek aan Anthonij Rupert Wyne af met ’n sensoriese bederf waartydens MCC met iets soets gekomplementeer word. Hierdie smaaksensasie kos R95 per persoon en sluit drie van L’Ormarins se Cap Classiques in wat met vier “soet sensasies” gekombineer word. Die soetighede is aarbei-makrolletjies, sitrus-en-soet-fudge, ’n framboos-blondie en ’n kersie-en-witsjokoladetruffel bedien met vars kersies en framboos.

Die sjampanje en soet sensasies sal van Maandag tot Saterdag in die Anthonij Rupert-proekamer beskikbaar wees en voorafbespreking by 021 874 9041 of tasting@rupertwines.com is noodsaaklik.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>