Smaaklike Hill&Dale Dry Rosé Merlot arriveer

Date posted:
October 6, 2010

Die Hill&Dale Dry Rosé Merlot 2010, geskep deur die bekroonde wynmaker Guy Webber, is ’n wyn wat jy in jou yskas hou om op lekker, warm somersaande of tydens ’n onbeplande middagete te geniet.

 

Hierdie verfrissende, vrugtige wyn bied hope aarbei- en framboosgeure en ’n titsel vars kruisement in die neus. Hierdie geure kom ook in die mond voor waar die vrugte se soetigheid dié vars, droë rosé ’n lewendige smaak gee.

 

Die Hill&Dale-reeks word deur die bekende Stellenzicht Vineyards net buite Stellenbosch gemaak. Hoewel die wyn gemaak word om vroeg te geniet, het Webber hom daarvan weerhou om ’n generiese styl na te volg en eerder besluit om die wyn se oorsprong te weerspieël.

 

Hy stel voor dat die wyn op sy eie of met Parma-ham geniet word, of met ligte hoenderdisse, gerookte kouevleise en groenslaaie. Die wyn is ook ’n puik pasmaat vir soesjie.

 

Die Hill&Dale Dry Rosé Merlot 2010 is by vooraanstaande drankwinkels te koop en kos sowat R38 per 750ml-bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram