Sluit by die rosé-revolusie aan met die eg Provensaalse Jean Roi Cap Provincial Rosé 2017

 Rosé het ’n wêreldwye “wynbeweging” geword en Provence in Frankryk word as die leier beskou. Anthonij Rupert Wyne buite Franschhoek het kers opgesteek by die Franse en met hul eie Provensaalse Rosé vorendag gekom, die Jean Roi Cap Provincial Rosé waarvan die 2017-oesjaar pas bekend gestel is.

Hierdie premie-roséwyn bring hulde aan Jean Roi, die Franse Hugenoot van Provence wat die wingerdbougeskiedenis van die L’Ormarins-wynlandgoed, wat oor 300 jaar strek, ingelui het. Die Jean Roi Cap Provincial Rosé 2017 is ’n versnit van cinsault, grenache en shiraz. Hierdie uitsonderlike styl van rosé, wat wêreldwyd baie gewild is en veral in Amerika groot byval vind, is ook besig om vinnig onder Suid-Afrikaanse wynliefhebbers pos te vat. Dis egter nie net wat ín die bottel is wat die wyn onderskei nie, maar die interessante bottelontwerp met Jean Roi se voorletters gebosseleer beklemtoon ook hierdie wyn se sy status.

Rosé is ook geruime tyd nie meer net “’n wyn vir dames” nie. Die droë styl waarin hierdie wyn vandag gemaak word, vind al hoe wyer byval en sowel mans as vrouens wat meer van wyn weet en meer avontuurlustig is, geniet dit, en ook nie meer net in die somer nie. Rosé is ’n veelsydige wynstyl wat enige tyd van die jaar geniet kan word en by ’n groot verskeidenheid disse pas. Dis vandag se modewyn!

Benewens die aantreklike bottel, bied die Jean Roi Cap Provincial Rosé 2017  die oog ’n ligte, blosende pienk kleur, die neus aanloklike aromas van perskebloeisels en spanspek, en die tong uitlokkende, vars geure van spanspek, perske en nektarien. Die verfrissende suur dien as die ideale balans vir die vrugtegeure en verskaf ’n onverwagse maar welkome suurlemoensmaak. Dis somer in ’n glas … regdeur die jaar!

Die Jean Roi Cap Provincial Rosé 2017 is die ideale wyn om op sy eie te geniet, maar pas ook puik by ’n Caprese-slaai met nektariens, geroosterde garnale en kreef, of geskroeide eend-borsvleis bedien met ’n framboos-jus.

Hierdie uitsonderlike wyn word in beperkte hoeveelhede gemaak en is direk by Anthonij Rupert Wyne beskikbaar, asook by spesialis-wynwinkels landwyd. Dit is beskikbaar in sowel die standaard 750ml-bottel as in ’n 1,5-literbottel. Die aanbevole kleinhandelprys is R290 vir die 750ml-bottel en R600 vir die 1,5 liter.

Vir meer inligting, besoek www.rupertwines.com.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>