Slanghoek se ‘kothuisies in die berg’ die ideale uitspanplek

Die COVID-19-pandemie het baie se vakansieplanne in die wiele gery, maar die Kaap se wynlande laat hulle nie afskrik nie en daar’s altyd iets te doen, te sien en te ervaar.

Jou uitsig op die vallei vanaf die stoep.

As jou idee van ’n lekker wegbreek, of selfs ’n langer vakansie, die genot van kos, wyn en samesyn in die aangesig van asemrowende berge en waterstrome is, wag die Slanghoek Mountain Resort in die

Ontspan in gerief en weelde.

natuurskone Slanghoek-vallei (foto bo) – deel van die bekende Breedekloof-wynroete – op jou! Die Slanghoek Mountain Resort bied families en vriende kampeerplek, safari-tente, houthutte, chalets en weelderige-eko-eenhede, asook fasiliteite vir troues en ander geleenthede.

Na ‘n dag se aksie, satisfaksie!

Die oord is gerieflik na-aan die N1 geleë en sowat ’n uur se ry van die Moederstad af. Dis werklik ’n juweel in die prentjiemooi Slanghoek-vallei en bied asemrowende uitsigte, welige plantegroei, ’n verskeidenheid verblyf-opsies en plekke om spesiale geleenthede aan te bied. Elkeen het sy eie, unieke eienskappe en vriendelike personeel, en beloof om elke ervaring onvergeetlik te maak.

Jy sal beslis nie honger of dors gaan slaap nie want die vallei voorsien in elke behoefte.

Dit is ook naby ’n groot aantal bekende wynkelders geleë, soos Badsberg, Bergsig, Deetlefs, Huis te Merwede, Jason’s Hill, Mountain Ridge, Olifantsberg, Opstal, Slanghoek-kelder en Stofberg Wines. Die vallei beskik verder oor gewilde bergfiets- en staproetes met asemrowende uitsigte.

Vir buitelewe-entoesiaste is daar onder meer bergfiets- en staproetes in ‘n natuurskone omgewing.

Die eienaars het die verblyf by die oord uitgebrei met die byvoeging van ses weelderige berg-kothuisies. Die kothuisies bied panoramiese uitsigte oor die vallei en omliggende berge. Elke selfsorg-kothuisie kan gerieflik vier mense huisves (een hoofslaapkamer met ’n koningingrootte bed en badkamer en ’n tweede met twee beddens en ’n afsonderlike badkamer). Die ten volle toegeruste kombuis laat mens toe om kos te maak én die uitsigte te bewonder. ’n Braai-area maak dit ’n eg Suid-Afrikaanse ervaring en ’n warm bad, wat deur ’n houtvuur verhit word, plaas die spreekwoordelike kersie op die koek!

En as jy lief is vir die water …

Met panoramiese uitsigte van die vallei uit die gerief van die sitkamer of warm bad, is dit nét die regte medisyne vir mense wat van die alledaagse gejaag wil wegkom en die batterye herlaai.

Om die bekendstelling van hierdie nuwe berg-kothuisies te vier, sal gaste wat voor 31 Augustus 2021 bespreek en betaal, ’n afslag van 15% ontvang. Die besprekings geld tot 15 Desember 2021.

Vir meer inligting, kontak Belize by die Slanghoek Mountain Resort op 023 344 3138 of by info@slanghoekresort.co.za.

EINDE

 

2 thoughts on Slanghoek se ‘kothuisies in die berg’ die ideale uitspanplek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>