Slaan die winterkoue hok met Delheim se kaas-fondues, wyn en jazz  

’n Smullekker kaas-fondue, puik wyn en gemoedelike jazz: wat meer het mens nodig om die winterkoue hok te slaan? Kom kry jou jaarlikse “inspuiting teen die koue” elke Sondag van 23 Junie tot 25 Augustus op die Delheim-wynlandgoed buite Stellenbosch.

Hierdie weeklikse winterfees word in Delheim se knus en intieme Downstairs-proekamer gehou. Die musikale gedeelte van die fees word behartig deur die Cape Town Music Academy NPC en Jazz in the Native Yards.

Jou kaartjie gaan jou toegang gee tot ’n stomende pot gesmelte kaas, vars brood en groente om daarin te doop. Jy kan opsionele ekstras soos voorgeregte, vleis, nagereg en koffie ook bestel, en natuurlik is die Delheim-wyne per glas of per bottel te koop.

Hierdie is ook sommer ’n kans om Delheim se Cabernet Sauvignon 2016 te proe, ’n wyn wat nie alleen eksklusief by die landgoed beskikbaar is nie, maar ook die perfekte pasmaat vir kaas.

Kaartjies moet vroegtydig aanlyn bespreek word by Quicket en kos R350 per persoon. Toegang sluit die musiekvermaak, ’n glas tradisionele Glühwein by aankoms en die hartlike kaas-fondue (met brood en groente) in. Neem kennis dat alle voorgeregte, vleise en nageregte ekstra kos. Wyn is per glas of per bottel beskikbaar. Elke middagete-vertoning duur van 12:00 tot 15:00.

Vir enige navrae, kontak Delheim op 021 888 4600, of besoek die landgoed se Facebook-blad by https://www.facebook.com/delheim, Twitter by @Delheim en Instagram by @delheimwines.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>