Skop 2020 op hoë noot af by Delheim se jaarlikse Oesfees

Sluit op Saterdag, 25 Januarie, by die Delheim-landgoed aan vir die jaarlikse feesvieringe van Moeder Natuur se gawes wanneer by dié bekroonde Stellenbosse wynmakery sy jaarlikse Oesfees aanbied.

Die fees is die ideale geleentheid vir gesinne om ’n ontspanne dag in die geselskap van goeie kos en wyn deur te bring, asook om vate vol pret in die wingerde te hê. Gaste ondersteun terselftertyd ’n goeie saak aangesien ’n gedeelte van elke kaartjie se geld geskenk word aan die Pebbles Project, ’n organisasie wat kinders (en hul gesinne) uit die Wes-Kaap se plaasgemeenskappe se lewens verryk.

Eers druiwe pluk, dan druiwe trap, dan ontspan met lekker kos en wyn!

Die Oesfees beloof weer eens vermaak uit die boonste rakke, wat natuurlik nie volledig sal wees sonder die gewilde druiwe-pluk-en-trap-kompetisie nie. Daar is lekker musiek, trekkerritte en oorgenoeg kos en wyn wat in ware feesstyl by verskeie stalletjies beskikbaar sal wees.

Benewens ’n verrassingsgeskenk, sluit die kaartjie se prys ook ’n bottel Delheim Rosé 2019/Sauvignon Blanc 2019 of Shiraz Cabernet Sauvignon 2017 in. Bykomende wyn kan by die Delheim-wynkroeg gekoop word.

Die druiwe-pluk-en-trap-aksie skop stiptelik om 10:30 af, met die kosstalletjies wat vanaf 12:00 die hongerpyne sal stil!

Kaartjies kos R480 per persoon vir volwassenes en R280 per kind onder 18 en kan aanlyn by Quicket (www.quicket.co.za) gekoop word. Aangesien die kaartjies beperk word, word belangstellendes aangeraai om nie gras onder hul voete te laat groei nie.

Vir meer inligting, besoek www.delheim.com of kontak Delheim by info@delheim.com of 021 888 4600.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>