Sit Franschhoek se ‘Misterienaweke’ op jou emmerskoplys

Verbeel jouself jy’s op ’n wegbreeknaweek in die Kaap se wynlande wat alles insluit, waar die hele naweek sorgvuldig vir jou beplan is, van die oomblik wanneer jy aankom tot wanneer jy weer huiswaarts keer. Nee, dis nie ’n droom nie, dis ’n werklikheid wat bekend staan as Franschhoek se Misterienaweke. Hierdie naweke hou verrassings in, asook ontspan en uitspan, om nie eers van bederf te praat nie!

Hierdie allesomvattende naweke sluit alles in waarvoor Franschhoek oor die jare heen bekend geword het, van weelderige verblyf, bekroonde wyne en fynproewerkos tot uitsonderlike ervarings. Sedert die Misterienaweke in 2012 ontstaan het, het dit reeds byna 2 000 bykomende mense na die streek gelok, en bevestig dit elke jaar dat hierdie Bolandse dorp een van Suid-Afrika se gunsteling-bestemmings is.

“Dit was reg van die begin af prettige en genotvolle naweke, en die feit dat gaste nie vooraf weet wat op hulle wag nie totdat hulle hul boks getrek het, dra by tot die opwinding en misterie,” sê ’n gereelde Misterienaweekgas. “Mens kan ook nooit moeg raak vir Franschhoek en sy vele aanbiedings nie. Die Misterienaweke is goeie waarde vir geld vergeleke met die tariewe in die hoogseisoen en ons het ook ’n hele paar goeie vriendskappe oor vorige naweke opgebou.”

Franschhoek se Misterienaweke is ideaal vir paartjies wat wil wegkom van die gejaagdheid van die alledaagse lewe. Die groot aantrekkingskrag van die naweke is dat die gaste niks self hoef te reël nie aangesien alles vooraf gedoen is.

Die Misterienaweek skop af met ’n eksklusiewe (en onkonvensionele) manier van aanmeld vir alle gaste. Die gaste meng oor ’n glas wyn voordat elkeen se spesiale Misterienaweekboks oopgemaak word. Die boks bevat al die besonderhede van die naweek – waar die gaste bly, waar hulle eet en wat hulle gaan ervaar. Dit sluit ’n prettige, informale verwelkoming na die vallei in tipies Franschhoekse styl in.

Hoewel die meeste van die naweke vooraf beplan is, is daar genoeg tyd om rustig deur die dorp te wandel en die vele markte, kunsgallerye, boetiekwinkels en sjokolademakers te besoek.

Gaste kan uit drie heerlike pakkette kies, gebaseer op hul verblyfaanbiedings:

Ultimate (R8 200 per paartjie)

Die crème de la crème van verblyf in die vallei.

Superior (R5 650 per paartjie)

Stylvolle boetiekhotels en gastehuise.

Premium (R5 300 per paartjie)

Selfsorgverblyf uit die boonste rakke in die hart van die vallei.

Die koste per paartjie sluit in:

  • Twee nagte se verblyf;
  • Ontbyt daagliks;
  • ’n Verrassingsgeleentheid die Vrydagaand;
  • Aandete die Saterdagaand;
  • ’n Ligte middagete die Sondag;
  • ’n Keur van Franschhoek se heel beste ervarings wat bekend gemaak word by aankoms en wat beloof om onvergeetlik te wees.

Die datums vir Franschhoek se Misterienaweke vir 2019 is:

26 en 27 Julie,

23 en 24 Augustus,

27 en 28 September.

Bespreking vir al drie datums open op 13 Mei, maar moenie gras onder jou voete laat groei nie want hulle word vinnig opgeraap.

Vir enige navrae of om te bespreek, kontak Carmen Arendse by mysteryweekend@franschhoek.org.za.

TERME EN VOORWAARDES

  • Die tariewe is vir twee mense wat die naweek deel;
  • Volle betaling bevestig bespreking;
  • Nie oordraagbaar en nie terugbetaalbaar;
  • Geen kinders en babas word toegelaat nie;
  • Sluit vervoer en vlugte uit;
  • Verblyf, maaltye en aktiwiteite is nie oordraagbaar nie.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>