Simonsvlei ondersteun eko-revolusie

Date posted:
July 5, 2011

Simonsvlei Internasionaal dra by tot die groeiende verpakkingsrevolusie om meer eko-vriendelike alternatiewe te bied met die bekendstelling van PET-verpakking vir hulle Simonsvlei Lifestyle-reeks. Wynliefhebbers kan nou hulle gunsteling- Simonsvlei-wyne geniet en terselfdertyd vir Moeder Aarde beskerm.

 

Die PET-bottel (polyethylene terephthalate) word uit verskeie lae saamgestel, maar het steeds dieselfde deursigtigheid en estetiese voorkoms as glas. Die liggewig-verpakking van termo-plastiese polimere dra by tot ‘n vermindering van 85% in die gewig van die bottel. Die bottels word gemaak van 100% herwinbare plastiek en is kraaktraag, wat ideaal is vir buitelugverbruik en gerieflik om te vervoer.

 

Die PET-verpakking veroorsaak ook ‘n aansienlik laer koolstofafdruk aangesien die CO2-afskeidings en energieverbruik tydens die vervaardigingsproses verlaag word. Volgens Leonard van den Berg, besturende direkteur van Simonsvlei, is die tyd ryp dat produsente hulle steun aan die groeiende groenbeweging toesê.

 

“Dit word toenemend meer belangrik dat vervaardigers maniere oorweeg om hulle koolstofvoetspoor te verminder om sodoende aardverhitting te verminder.  Ons het gevoel dat wynverbruikers gereed is om alternatiewe wynverpakking te aanvaar en die aanvanklike markreaksie op die PET-verpakking was definitief baie bemoedigend,” voeg hy by.

 

Die Simonsvlei Lifestyle Cabernet Sauvignon is uitspattig pers van kleur met prominente geure van bessies en kersies. Hierdie onverhoute, droë rooiwyn onthul ryp vrugte in die mond met ‘n kragtige einde, wat dit ‘n ideale pasmaat maak vir pasta, rooivleis en robuuste vissoorte soos tuna. Hierdie sagte Cabernet is die ideale reismaat vir buitelugavonture hierdie wintervakansie.

 

Die Simonsvlei Lifestyle Chenin Blanc is ‘n verfrissende, vrugtige wyn met verloklike aromas van sappige perske, peer en appelkoos. Bedien dit saam met gebraaide of gebakte vis of gourmet-broodjies met jou gunsteling-vulsel.

 

Die Simonsvlei Lifestyle PET-reeks is tans beskikbaar by vooraanstaande drankwinkels, asook SPAR-winkels landswyd.

 

Vir meer inligting, besoek www.simonsvlei.co.za.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram