Simonsig Kaapse Vonkel skiet die hoogtes in as SAL se MCC vir 2012

Date posted:
November 1, 2011

Suid-Afrika se eerste Méthode Cap Classique, die ikoniese Simonsig Kaapse Vonkel, behaal na 40 jaar steeds nuwe hoogtes. Die jongste mylpaal is dat die 2007-oesjaar van hierdie wonderlike vonkelwyn aangewys is as die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se MCC vir 2012.

 

Met agtereenvolgende verskynings op SAL-wynlyste wat strek oor die afgelope 22 jaar, is Simonsig beslis geen nuweling as dit kom by die “mile high”-klub nie en buiten die Kaapse Vonkel 2007 sal sy jongste oesjaar Chenin Blanc 2011 ook aan boord van plaaslike SAL-vlugte in 2012 pronk. Die Simonsig Shiraz 1984 was die eerste wyn van dié legendariese Stellenbosse landgoed om vir die SAL-wynlys in 1989 gekies te word.

 

In 2012 sal alle ekonomiese klas-passasiers aan boord van nasionale SAL-vlugte die veelbekroonde Simonsig Chenin Blanc 2011 (187ml) kan geniet, terwyl die Simonsig Chenin Blanc 2011 (750ml) en Kaapse Vonkel 2007 in die premium-klas geskink sal word.

 

“Ons is verheug dat ons wyne aan die lugvaart-groep se hoë eise vir gehalte voldoen. Gehalte is iets waarna ons altyd strewe, hetsy ons wyne op land of daar hoog bo in die lug geniet word,” vertel Johan Malan, wynmaker en mede-eienaar van Simonsig.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram