Shoprite en Checkers ondersteun sukkelende SA wynbedryf

Sedert die begin van die inperking het Shoprite en Checkers meer as 1,5 miljoen liter wyn van Suid-Afrikaanse wynplase aangekoop om die las wat Covid-19 meegebring het, te verlig. Wêreldwye invoer- en uitvoerbeperkings, ‘n sukkelende plaaslike ekonomie en veelvuldige drankverbodte wat deur Covid-19 veroorsaak word, het baie Suid-Afrikaanse wynplase op groot wynvolumes laat sit.

Die wyn word onder ‘n nuwe, eksklusiewe handelsmerk, Elephant’s Cousin, verkoop en vorm deel van die winkelgroep se wynreeks wat onder ’n privaat etiket bemark word. Die stap sal wynprodusente help om hul surplusvoorraad vinniger te laat beweeg want sonder ‘n roete na die mark sal die uitwerking van hierdie onverkoopte oorskot vernietigend wees vir die bedryf.

Terselfdertyd het Shoprite en Checkers ‘n geleentheid gesien om sy wynliefhebbers ‘n nuwe en opwindende reeks te bied wat uitstekende waarde bied.

Die naam Elephant’s Cousin verwys na die gewilde Kaapse dassie, die naaste lewende familielid van die Afrika-olifant. Dié klein rotsdiertjie is die perfekte ambassadeur vir hierdie nuwe reeks wat op die winkelrakke sal uitstaan oor sy eienaardige handelsmerk en mededingende pryspunt. Elke wyn verteenwoordig ook buitengewone gehalte.

Net soos die gewilde Odd Bins-reeks van die supermark word die presiese oorsprong van die wyn geheim gehou om te verseker dat dit bekostigbaar en toeganklik bly, en die beperkte etiket sal slegs bestaan ​​solank daar groot hoeveelhede oortollige wyn beskikbaar is.

Wyne in die Elephant’s Cousin-reeks is gekies vir hul unieke geurprofiele en maklike drinkbaarheid, en bestaan uit ‘n sauvignon blanc, merlot en shiraz. Dit sal in die volgende weke in Checkers-supermarkte sowel as Shoprite en Checkers LiquorShops beskikbaar wees.

Hierdie ongekende grootmaat-aankoop van wyne is die jongste stap van Shoprite en Checkers om die Suid-Afrikaanse wynbedryf te ondersteun wat ongeveer 350 000 mense in diens het en bykans R10 miljard per jaar tot die plaaslike ekonomie bydra. In Oktober verlede jaar het Checkers sy “Pour it for your Country”-veldtog van stapel gestuur om hul steun aan plaaslike wynprodusente te toon.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>