Sense of Place-reeks ’n nuwe hoogtepunt vir Stellenbosch Hills  

’n Reeks wyne wat in beperkte volumes gemaak word en beloof om raar insigte in van Suid-Afrika se beste terroir in Stellenbosch te bied, is pas bekend gestel. Dié reeks, Sense of Place, vertoon die uiteenlopende uitdrukkings waartoe wingerde op hul kruin in staat is.

Sense of Place neem trots die plek in as Stellenbosch Hills se nuwe vlagskip-portefeulje. Die eerste wyne in die reeks wat beskikbaar gestel is, is die gehoute Kastanjeberg Chenin Blanc 2017 en ’n Kaapse rooi versnit, Suikerboschrand 2015. Hulle word binnekort aangevul deur ’n MCC (Méthode Cap Classique).

“Ons is baie opgewonde oor hierdie reeks want dit bied ons die geleentheid om die kollig op die kern van ons wingerdgehalte te laat skyn. Ons is ook verheug om spesifiek hierdie wyne bekend te stel,” sê James Ochse, wynmaker (regs). “Alhoewel albei gemaak is van wingerde wat deurlopend druiwe van gehate lewer, bestaan albei uit druifsoorte wat hul fondaie in Suid-Afrikaanse erfenis het.

“Sense of Place is waar die wynmaker se kuns waarlik tot uiting kom,” sê Ochse.

Kastanjeberg – kompleks en elegant

Hierdie gehoute Chenin Blanc het sy naam te danke aan die plaas waar dié unieke enkel-wingerdblok chenin blanc groei, hoog teen die hange wat oor Valsbaai uitkyk. Kastanje is ’n verwysing na die wilde kastaiingbome (Calodendrum capense) wat in die vroeë 1800s aan die Kaap floreer het.

Die Kastanjeberg 2017 is ryk en kompleks en vertoon aangename aromas van steenvrug, heuning, gedroogde appelkose, viooltjies en vanielje-eikehout-speserye. Die smaak is vol, met ’n goeie middelmondsmaak wat gebalanseer word deur ’n romerige tekstuur en vars suur. Hierdie kolligstelende witwyn ontplof met peer- en perskegeure, tesame met skeutjies vanielje en amandels,  en het ’n talmende smaak.

Die wyn is die perfekte pasmaat vir krakerige varklies, sowel as speseryagtige Asiatiese kos en roomdisse.

Suikerboschrand – ’n glorieryke Kaapse versnit

Suikerboschrand 2015 kwalifiseer as ’n Kaapse versnit want dit bevat 33% pinotage. Dit sluit ook 29% shiraz, 14% cabernet sauvignon, 14% merlot en 10% petit verdot in. Die wyn is vernoem na die endemiese suikerbos-protea (Protea repens) wat deel vorm van die Kaapse Blommeryk. Al die komponente is afsonderlik gemaak voor dit versny en gebottelleer is.

Hierdie eerste oesjaar is ’n volronde wyn met oordadige geure van ryp bessievrug, donker sjokolade en sigaarboks. Die houtgeure van die keurig uitgesoekte eikehoutvate dra die wyn pragtig en ondersteun die struktuur. Die tanniene verseker ’n talmende nasmaak met ’n skeutjie vars speserye.

Hierdie versnit sal op sy heel beste vertoon as dit met rooivleis – gebraai, gerook of gebak – of met romerige disse bedien word.

Die Sense of Place-wyne is slegs in beperkte hoeveelhede beskikbaar en die wyne sal net bekend gestel word in die jare wat die wingerde op hul beste vertoon.

Kastanjeberg 2017 is te koop teen ongeveer R285 en die Suikerboschrand 2015 teen ongeveer R385. Hulle is by die kelder, uitgesoekte boetiek-wynwinkels en ook aanlyn deur die Stellenbosch Hills-webwerf beskikbaar.

Vir meer inligting oor Stellenbosch Hills, skakel 021 881 3828/9, stuur ’n epos aan info@stellenbosch-hills.co.za of besoek www.stellenbosch-hills.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>