Seldsame Three Ships floreer in internasionale gebiedswaters

Date posted:
June 21, 2011

Die seldsame 10 jaar-oue Three Ships-enkelmoutwhisky het pas teruggekeer met 'n goue medalje van die Concours Mondial de Bruxelles wat in Luxemburg gehou is. Bykans 4 000 wyne en spiritualieë van 49 lande is hier deur 'n paneel van sommige van die wêreld se voorste kenners beoordeel.

Die whisky is vir die volle tien jaar in Amerikaanse eikevate van verskillende ouderdomme verouder, met veral die ouer vate wat nie net tot die uitsonderlike sagtheid van die whisky bygedra het nie, maar ook 'n effense soetheid daaraan verleen het. Dit is 'n volronde whisky, met 'n suggestie van turf, gedroogde vrugte en fudge.

Daar was net 8 000 bottels van hierdie whisky, wat in Oktober verlede jaar op die mark gekom het. Hierdie versamelstukke is gou deur whiskyliefhebbers opgeraap en daar is weinig van hulle nog in die handel verkrygbaar.

Die Three Ships-reeks whiskies word deur die meesterdistilleerder, Andy Watts, in die James Sedgwick-distilleerdery in Wellington gemaak. Die distilleerdery dateer van 1886 en is oor die afgelope twee dekades in 'n hoogs moderne aanleg omskep. Die Three Ships-“vloot” bestaan uit Three Ships Select, Three Ships 5-year-old Premium Select, Three Ships Bourbon Cask Finish en nou die Three Ships 10-year-old Single Malt Whisky.

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram