SAWi stel eerste ‘The Definitive Fine Wine Guide’ bekend

Die Suid-Afrikaanse Wyn-indeks (SAWi), ‘n onafhanklike wyngehalte-organisasie, het die eerste uitgawe van The Definitive Fine Wine Guide bekend gestel. Dit volg op die vroeëre aankondiging van die Grand Wines Collection (GWC) wat ook in die gids verskyn.

Met die nuwe gids as handleiding kan wynliefhebbers voortaan ingeligte besluite neem oor die koop en versamel van Suid-Afrikaanse wyne van uitsonderlike gehalte. Dit verteenwoordig ’n klassifikasie van uitsonderlike wyne wat 93+ punte oor ’n tydperk van 10 jaar behaal het, saamgestel uit “blinde” wynproe-uitslae.

Die gids bestaan uit net meer as 400 wyne, of sowat 5.3% van alle gebotteleerde wyn van 140 wynkelders. Dit toon ook verder dat 50% van hierdie wyne van slegs sowat 50 kelders afkomstig is, met die meerderheid wat 5 of meer wyne in die gids het.

Sowel wyn-entoesiaste as fynproewers sal pertinente inligting in hierdie gids vind wat ook persoonlike proe-ervaringe kan verhoog deur onder meer onbekende wyne te ontdek.

Die SAWI het terselfdertyd ook sy nuut ontwerpte webtuiste onthul, www.sawineindex.com. The Definitive Fine Wine Guide kan hier afgelaai word.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>