SALT at Paul Cluver – there’s a fresh, new breeze in the valley

Add a pinch of salt and a dash of wine to make up the ingredients for a winning recipe also known as SALT at Paul Cluver, the latest venture from legendary chefs Craig Cormack and Beau du Toit. Set to open to the public on 13 December, the intimate yet cozy restaurant will be spearheaded by chef Mechell Spann.

 

Craig and Beau’s passion for everything food and wine related resulted in the perfect culinary partnership with Paul Cluver Wines, which is home to some of South Africa’s finest wines. Just over 60 minutes from Cape Town, in the Elgin valley, visitors will now have the opportunity to make the most of their experience. With tranquil surroundings and only the sounds of Mother Nature while sipping on your favourite wine from Paul Cluver Wines, you can now also enjoy a delicious meal.

 

“This was the perfect opportunity for us to grow the SALT experience, and the Cluvers presented us with the most amazing venue to work with. It was a match made in culinary heaven. With Beau and myself guiding our new shining star, Mechell Spann, we believe that SALT at Paul Cluver will be a great success, “says Craig. “Although we are still in the infancy stages of this exciting journey our focus is to make Paul Cluver Wines the first wine farm destination to offer a wine, salt and food pairing experience.”

 

Open for breakfast and lunch the menu celebrates elements of wholesome meals, with a twist. Expect some popular breakfast dishes with one or two unusual offerings. Free range eggs with home-cured and smoked bacon are on the menu, but why not try a Banana Cream Pie for breakfast instead. Make the most of the lunch offering selecting from the starters, mains and dessert sections, promising to take your taste buds on an epicurean journey. Plum fed Pork with salt and pepper Squid gives new meaning to Surf and Turf, while the Oyster Mushroom Farfalle will be the perfect excuse to have a ‘meat free Monday’ every day. You can’t leave without dessert. Milk tart with a twist, a decadent Three Bean Sundae or a piping hot waffle with lashings of fudge ice cream and maple syrup are bound to satisfy any sweet tooth.

 

The restaurant will be open from Tuesday to Sunday (8:30am to 4:30pm), and pre-booking is recommended to avoid disappointment.  Please be advised that the restaurant will be closed on 25 and 26 December 2017, as well as 1 January 2018.

 

For more information or to book, call 082 562 8360 or send an email to craig@thegooseroasters.co.za.

 

END

 

SALT at Paul Cluver – daar’s ’n vars, nuwe bries in die vallei

 

Voeg ’n knippie sout en ’n skeut wyn by en jy’t die bestanddele vir ’n wenresep wat bekend staan as SALT at Paul Cluver. SALT at Paul Cluver is die jongste projek van die bekende sjefs Craig Cormack en Beau du Toit. Hierdie intieme en gesellige restaurant wat op 13 Desember sy deure oopgooi, sal onder beheer wees van Mechell Spann.

 

Craig en Beau se passie vir alles wat met kos en wyn te make het, het die ideale kulinêre vennoot gevind in Paul Cluver Wines, die tuiste van sommige van Suid-Afrika se beste wyne. Besoekers aan hierdie bekende landgoed in die Elgin-vallei, net meer as ’n uur se ry vanaf Kaapstad, sal voortaan ook hul hongerpyne kan stil in ’n rustige omgewing met die klanke van die natuur as geselskap, en natuurlik met ’n glas of twee van een van Paul Cluver Wines se kelderskatte om die geleentheid ideaal te maak.

“Dit was die ideale geleentheid vir ons om die SALT-ervaring uit te brei, en die Cluvers het aan ons ’n absoluut fantastiese plek gebied om dit ’n werklikheid te maak. Dit was ’n ‘huwelik’ wat in die kulinêre hemel geskep is! Met Beau en ek om aan ons opkomende ster, Mechell Spann, leiding te gee, glo ons vas dat SALT at Paul Cluver ’n reuse-sukses sal wees,” sê Craig. “Hoewel ons projek steeds sy kinderskoene aan het, fokus ons reeds daarop om Paul Cluver Wines die eerste wynlandgoed te maak wat ’n wyn-, sout- en kos-pasmaakervaring aanbied.”

SALT at Paul Cluver sal oop wees vir ontbyt en middagete, en die klem sal val op heilsame kos met ’n kinkel. Verwag gewilde ontbytgeregte met ’n paar ongewone aanbiedings. Eiers van loslopende hoenders met tuisbereide en gerookte spek sal beslis op die ontbytspyskaart wees, maar so ook piesangroompastei. Middagete sal bestaan uit voor-, hoof- en nageregte en beloof om smaakkliere op ’n aangename reis te neem. Pruimgevoerde vark met sout-en-peper-tjokka sal nuwe betekenis gee aan die bekende “surf & turf”-kombinasie, terwyl oestersampioen-farfalle die ideale verskoning bied om elke dag “vleisloos” te maak. En vir diegene met soet tande is daar melktert met ’n kinkel, ’n dekadente drieboon-sundae of ’n stomend warm wafel met fudge-roomys en esdoringstroop om die kos-en-wyn-ervaring met ’n glimlag af te sluit.

 

“Ons SALT-filosofie is om ’n outentieke benadering tot kos te hê, wat beteken ons gebruik slegs die beste bestanddele om eerlike, smaaklike kos sonder fieterjasies te skep,” sê Beau. “Dit gaan daaroor om alles eg te hou.”

SALT at Paul Cluver sal van Dinsdae tot Sondae oop wees tussen 8:30vm en 4:30nm. Voorafbespreking is noodsaaklik om teleurstelling te voorkom. Die restaurant sal op 25 en 26 Desember en 1 Januarie toe wees.

Om te bespreek en vir enige navrae, skakel 082 562 8360 of stuur ’n epos aan craig@thegooseroasters.co.za.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>