Ten spyte van minder inskrywings vir die 2011- International Wine Challenge in vergelyking met verlede jaar, het Suid-Afrika meer goue medaljes ingepalm, asook meer medaljes in die algemeen!
Die International Wine Challenge (IWC) se 2011-resultate is pas bekend gemaak by die London International Wine Fair (LIWF).
Altesaam 13 goue medaljes is toegeken aan SA, waarvan Fleur de Cap 2 gekry het vir hul 2010- Unfiltered Viognier en 2010- Unfiltered Semillon. Groot Constantia het ook 2 goue medaljes vir die 2008- Grand Constance en die 2010- Sauvignon blanc gekry, en so ook Spier vir hul 2009- Creative Block 3 en 2009- Landmark 21 Gables Chenin Blanc.
Nuwe toetreders tot hierdie gesaghebbende kompetisie, Oldenburg, het goud vir hul 2010- Chenin Blanc ontvang.
Ander wenners van goue medaljes is Edgebaston, Nederburg, Backsberg, Klein Constantia, Kaapzicht en Tokara.
Volgens Wines of South Africa (WOSA) toon Suid-Afrika 'n konstante verbetering oor die laaste paar jaar met 68% van die wyne ingeskryf wat toekennings ontvang het in 2009, 70% in 2010 en 75% in 2011.
Die Decanter-toekennings is ook aangekondig met Suid-Afrika wat nie minder nie as 31 goue medaljes gewen het. Die wenners sluit in:
- 2010 Allee Blue Chenin Blanc
- 2009 Doolhof Pinotage
- 2009 Glen Carlou Chardonnay
- 2007 Cirrus Syrah
- 2008 Klein Constantia Cabernet Sauvignon
- 2010 Kleine Zalze Sauvignon Blanc
- 2008 KWV Mentors Orchestra
- 2010 Nederburg Noble Late Harvest
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast