SA wyne maak stem dik op internasionale verhoog!

Onder die 149 platinum-toekennings wat op die jongste Decanter World Wine Awards (DWWA) uitgedeel is, het 5 aan Suid-Afrikaanse wynprodusente gegaan, terwyl Suid-Afrika 28 goue medaljes, 244 silwer medaljes en 276 brons medaljes ingepalm het. Om die kroon te span, is ‘n Best in Show-medalje gewen deur Klein Constantia vir sy Vin de Constance 2014 (foto bo).

Vier van die platinum-wenners is uit die Stellenbosch-wynstreek en die vyfde uit die Strandveld. Al vyf het ’n uitmuntende 97 uit’n moontlike 100 punte aangeteken.

Die Suid-Afrikaanse platinum-wenners is: 

Die DWWA, nou in sy 15de jaar, is die wêreld se grootste en invloedrykste wynkompetisie. ’n Span van 275 beoordelaars het vanjaar 16 903 wyne “blind” geproe. Altesaam 50 Best in Show-wyne is aangewys, terwyl 149 platinum-, 439 goue, 3 454 silwer en 7 079 brons medaljes toegeken is.

Frankryk het koning gekraai deur die meeste Best in Show-medaljes te verower, naamlik 12, met die Rhône-streek wat 3 gewen het, asook vyf platinum-medaljes.

Suid-Afrika se goue medalje-wenners is: 

  • Berry Bros. & Rudd Thierhoek Old-Blocks Chenin Blanc 2016
  • Boschendal Appellation Series Chardonnay 2016
  • Boschendal Black Angus 2014
  • Boschendal S&M Shiraz-Mourvédre 2015
  • Bouchard Finlayson Missionvale Chardonnay 2016
  • Cape Point Vineyards Isliedh 2016
  • Cederberg Cellars Ghost Corner Wild Ferment 2016
  • Creation Art of Pinot Noir 2016
  • Des Dieux Chardonnay 2014
  • Escapades Pinotage 2016 (regs)
  • Flagstone Dragon Tree Cape Blend 2016
  • Flagstone Word of Mouth Viognier 2017
  • Glenelly Estate Reserve Chardonnay 2016
  • Hartenberg EstateMerlot 2015
  • Kaapzicht Steytler Pinotage 2015
  • Kleine Zalze Vineyard Selection Cabernet Sauvignon 2015
  • LeeuwenkuilGrenache Noir 2016
  • Lothian Vineyards Vineyard Selection Pinot Noir 2016
  • Môreson MKM Pinotage 2015
  • Neil Ellis Cabernet Sauvignon 2015
  • Oak Valley Groenlandberg Chardonnay 2017
  • Stark-Condé Field Blend Chenin Blanc-Roussanne-Viognier-Verdelho 2017
  • Stellenbosch Vineyards Limited Release Grenache 2016
  • Stellenrust Chenin Blanc 2017
  • Stellenrust Stellenbosch Manor Cinsault 2017
  • Tokara Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2014
  • Uva Mira Chardonnay 2016
  • Uva Mira The Mira Shiraz 2016

Vir ’n lys van die Suid-Afrikaanse silwer en brons medalje-wenners, klik hier.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>