SA wynbedryf vier ryk erfenis met spesiale toekennings!

Vandag, 362 jaar gelede, is die eerste wyndruiwe op Suid-Afrikaanse bodem ge-oes. En dis op hierdie dag in 1659 dan ook so aangeteken deur Goewerneur Jan van Riebeeck in sy dagboek.

Wie dus beweer dat niks goeds en positiefs uit kolonialisme gekom het nie, kan dus gerus maar in hul selfbejammering en onkunde stik. As jy nie weet wat jy nie weet nie!

Maar genoeg politiek. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf herdenk vandag daai eerste wynoes op Suid-Afrikaanse bodem 362 jaar gelede met ’n virtuele geleentheid wat drie elemente behels, naamlik die seën op die oes, die herdenking van die 362ste bestaansjaar van die Suid-Afrrikaanse wynbedryf en die verering van rolspelers.

Hierdie jaarlikse wynoesherdenkingsgeleentheid word vanjaar vir die 10de keer op Groot Constantia, Suid-Afrika se oudste wynlandgoed, aangebied.

’n Wyn-ikoon of -instansie ontvang elke jaar die spesiale 1659-Toekenning vir Visioenêre Leierskap vir sy/haar of hul bydrae tot die bedryf.  Drie nuwe toekennings word ook vanjaar as deel van die geleentheid ingestel.

Talle mense lewer onskatbare bydraes tot die uitbou van die wynbedryf. Die doelwit met hierdie drie nuwe toekennings is om die poel van erkenning te verbreed. Dié toekennings dek die kategorieë Diversiteit en Transformasie, Wynwaardering en Wynbevordering, en Wingerdbou en Wynskepping.

Die virtuele geleentheid vind vanaand om 19:00 plaas en almal word uitgenooi om deel te wees daarvan. Diegene wat belang stel, word uitgenooi om Razelle Galant te kontak by 021 975 4440 of razelle@agriexpo.co.za vir meer inligting.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>