SA wynbedryf vereer legendes

Date posted:
December 14, 2009

Vier lewende legendes van die wynbedryf wat gedurende hul leeftyd wynliefhebbers se ervaring van wyn insiggewend beïnvloed het, is op 8 Desember vereer vir hul beduidenswaardige bydrae tot die groei van hierdie sleutelbedryf in Suid-Afrika. 

 

Tydens ‘n raadsvergadering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereniging (SANWSV) het Norma Ratcliffe, Gunther Brözel, Spatz Sperling en Dr. Julius Lazslo hul spesiaal ontwerpte oorkondes in ontvangs geneem. Hulle is deel van ‘n groep van agt-en-twintig legendes, insluitend afgetrede wynmakers en wynboukundiges, prominente bedryfsleiers, wynskrywers, wynambassadeurs en wynpersoonlikhede wat onlangs tydens die jaarlikse Veritas-toekenningsgeleentheid gehuldig is, maar nie dié dinee in Oktober kon bywoon nie. 

 

“Hierdie mans en vroue is ware bedryfsikone,” sê Duimpie Bayly, die SANWSV se voorsitter. “Sommige van hulle het wêreldklaswyne geskep en ander het die bedryf met hul visie en passie gelei en gedien.”

 

Die SANWSV is een van die dryfkragte agter die 350 Jaar van Wyn-vieringe en ook organiseerder van die jaarlikse Veritas-toekennings.  

 

‘n Verdere ses bedryfsleiers, naamlik Phyllis Hands, Dr. Jacob Deist, Dawid Saayman, Hennie Hëyl, John Platter en Tim Hamilton-Russell, sal hul eerbewyse op ‘n latere geleentheid ontvang.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram