SA se top 5 landgoedwyne aangekondig

Date posted:
July 30, 2012

Suid-Afrika se top vyf landgoedwyne is die Groot Constantia Chardonnay 2011, Kaapzicht Steytler Pentagon 2008 (rooi versnit), Kaapzicht Steytler Pinotage 2008, Neethlingshof Short Story Collection Maria 2011 (natuurlike soet) en Wildekrans Chenin Blanc Barrel Selection 2010.

Hierdie wyne is op die sewende jaarlikse Novare SA Terroir Wyntoekennings deur ‘n paneel van sewe ervare wynkenners aangewys as die beste uit 276 inskrywings, ‘n rekord vir hierdie kometisie. Dit was ook die eerste keer dat hierdie kompetisie die top 5 landgoedwyne berkoon het.

Uit al die inskrywings word ook die top wynlandgoed aangewys, en die wenner van vanjaar se Novare-trofee vir SA Terroir Top Wynlandgoed is die Wildekrans-landgoed tussen Grabouw en Elgin in die Botrivier-wyk van die Walker Bay-distrik. Wildekrans se Chenin Blanc Barrel Selection 2010 is een van die vyf wyne wat die hoogste punte behaal het uit al die inskrywings vir die kompetisie en is gekeur as een van die Top 5 Landgoedwyne, asook die Nasionale Wenner van die Chenin Blanc-kategorie. Nog twee Wildekrans-wyne is wenners in die Walker Bay-distrik, terwyl nog ‘n wyn ‘n bogemiddelde puntetoekenning gekry het.

Dit was ‘n baie taai stryd met Kaapzicht die naaswenner met twee nasionale wenwyne en dieselfde wyne wat ook gekeur is onder die Top 5 Landgoedwyne, terwyl nog ‘n wyn bogemiddelde punte gekry het. 

“Die fokus van die jaarlikse Novare SA Terroir Wyntoekennings is op die produsente wat met ‘n passie wynterrein-perfeksioniste geword het. Dit is die perfekte kombinasie van grond, klimaat, wingerdbestuur en wynbereiding. Slegs wyne gesertifiseer as ‘n Wyn van Oorsprong (WO) van ‘n enkelwingerd, landgoed, wyk of klein distrik wat nie in wyke verdeel is nie, kan ingeskryf word,” sê die stigter en projekleier, Marius Labuschagne. 

Die 2012- Novare SA Terroir Wyntoekennings vir kultivarwyne, rooi en wit versnitte, rosé, vonkelwyn en dessertwyne is:

Groot Constantia Gouverneurs Reserve White  2010 (wit versnit),

Wildekrans Chenin Blanc Barrel Selection 2010,

Kaapzicht Steytler Pentagon 2008 (rooi versnit),

Kaapzicht Steytler Pinotage 2008,

KWV Mentors Viognier 2011,

Jordan The Real McCoy Riesling 2011,

Lisha Nelson Cabernet Franc 2008,

Nuy Chardonnay 2009,

Nuy Wit Muskadel 2007,

Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2012,

Anura Cabernet Sauvignon Reserve 2007,

Anura Syrah Limited Release 2007 (Shiraz),

De Krans Cape Vintage Reserve 2008 (port),

La Motte Brut Cap Classique 2009 (vonkelwyn),

Neethlingshof Gewürztraminer 2012,

Neethlingshof Short Story Collection Maria 2011 (natuurlike soet),

Welbedacht Merlot 2005,

Signatures of Doolhof Malbec 2010 en

David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2010.

Die wynbouterrein wat die meeste top presterende wyne opgelewer het, is ook vir die derde jaar vereer. Die wenner van die 2012- Novare-trofee vir SA Terroir Top Wyngebied is toegeken aan Stellenboschkloof in die Stellenbosch-distrik. Die Jordan-landgoed en Neethlingshof was die hoofrolspelers met drie nasionale wenners elk, een van die Top 5 Landgoedwyne en ses wenners in die Stellenbosch-distrik.

“Die Novare SA Terroir Wyntoekennings is nou in sy sewende jaar en het jaarliks gegroei met ‘n rekord aantal inskrywings elke keer. Ons is met passie betrokke omdat die unieke en spesiale wynbougebiede in Suidelike Afrika altyd ‘n onderwerp en ‘n smaakvolle ontdekkingstog vir plaaslike en internasionale wynliefhebbers moet wees. Die verskeidenheid van puik terroirs aan die suidpunt van Afrika verdien sy eie erkenning en moet altyd ten volle benut word. Ons is trots om betrokke te wees,” sê Derrick Roper, uitvoerende hoof van Novare. 

Vir die volledige uitslag in al die gebiede, besoek www.terroirwineawards.co.za.

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram