SA se beste cabernet francs bekend gemaak

Die vyfde Cabernet Franc-kompetisie het weer eens die beste voorbeelde van dié kultivar uitgelig nadat die beoordelaars die 52 inskrywings onder die soeklig geplaas het. Die meeste van die wyne wat ingeskryf is, is ontvang van wynplase wat voorheen ook aan hierdie jaarlikse kompetisie deelgeneem het, maar daar was ook ’n paar nuwelinge.

Die wenners is aangewys in die Top 6-kategorie, die Museumklas, die Versnit-kategorie en die “Waarde vir Geld”-klas.

Die Top 6-wenners, in alfabetiese volgorde, is:

Anthology Cabernet Franc 2017

David Finlayson Camino Africana Cabernet Franc 2017

High Constantia Cabernet Franc 2012

Rainbow’s End Limited Release Cabernet Franc 2018

Rietvallei JMB Cabernet Franc 2016

Whalehaven Cabernet Franc 2015

“Stellenbosch was weer eens die area wat die meeste inskrywings opgelewer het, maar Franschhoek en Paarl het ook ’n impak gemaak,” het Christine Rudman, Kaapse Wynmeester en hoof van die beoordelingspaneel, gesê. “Dan was daar ook wyne uit Robertson, Darling, Elgin, Botrivier, Constantia, Kaapstad/Durbanville,Wellington en die Kusstreek.  Van die 31 produsente wat deelgeneem het, was daar 13 wat meer as een wyn ingeskryf het wat dui op ’n toenemende spesialisasie in cabernet franc”.

Die Museumklaswenner vir 2020 is My Wyn Cabernet Franc 2012 van Franschhoek. Die paneel was baie beïndruk deur die 6 ouer wyne (2012-2015) wat bewys hoe goed cabernet franc van gehalte kan verouder.

Daar was drie wenners in die Versnitkategorie, naamlik Landskroon Paul Hugo Red 2018, Morgenster Lourens River Valley 2011 en Warwick Trilogy 2016.  

Die “Waarde vir Geld”-prys is aan Ormonde se Ondine Cabernet Franc 2015 toegeken.   Hierdie wyn is beskikbaar teen R115 per bottel.

Die volledige lys wenners kan besigtig word by www.cvomarketing.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>