SA sauvignon blancs blink uit op internasionale kompetisie

Suid-Afrikaanse wyne het uitgeblink by een van die wêreld se mees uitgelese wynkompetisies vir sauvignon blanc. Tokara se Reserve Collection Sauvignon Blanc 2020 het geskiedenis gemaak toe dit die Dubourdieu-trofee ontvang het vir “die beste sauvignon blanc” op die 12de Concours Mondial du Sauvignon. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van dié kompetisie dat ʼn Suid-Afrikaanse wyn hierdie titel opraap. Suid-Afrika het ook 11 goue en nege silwer medaljes gewen.

Goue medaljes is toegeken aan:

Alvi’s Drift Reserve Sauvignon Blanc 2020 (foto),

Delaire Graff Coastal Cuvee Sauvignon Blanc 2015,

Diemersdal The Journal Sauvignon Blanc 2019,

Elgin Vintners Sauvignon Blanc 2020,

Ghost Corner Sauvignon Blanc 2020,

Ghost Corner Wild Ferment 2019,

Groote Post Seasalter 2020,

Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019,

Painted Wolf Lightning Sauvignon Blanc 2020,

Elgin Vintners Ridgelands Sandstone 2020.

Silwer medaljes is toegeken aan:

Bellingham Homestead Sauvignon Blanc 2020,

Boschendal 1685 Sauvignon Blanc 2020,

Constantia Uitsig Sauvignon Blanc 2020,

Delaire Graff Coastal Cuvée Sauvignon Blanc 2020,

Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2020,

Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2020,

Free Run Sauvignon Blanc Reserve 2020 van Accolade Wines,

Maastricht Sauvignon Blanc 2020,

Villion Trust se Sarel Seemonster 2020.

“Suid-Afrika is deesdae ʼn waardige wêreldspeler as dit kom by sauvignon blanc,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA. “Baie geluk aan Tokara met hierdie uitsonderlike prestasie en aan al die ander deelnemers wat uitgeblink het en die Suid-Afrikaanse vlag internasionaal hier hoog laat wapper het.

“Dis jare se harde werk wat nou vrugte afwerp. Ons is verheug en opgewonde met die diversiteit van ons wynbedryf wat in hierdie resultate gereflekteer word.”

Meer as 1 200 wyne is deur ʼn paneel beoordelaars oor vier dae beoordeel met slegs een doel voor oë, om wyn van hoogstaande gehalte te identifiseer. Al die wyne wat ingeskryf is vir die kompetisie is geproe en punte is toegeken volgens die vorm wat deur die Concours Mondial se tegniese direkteure ontwikkel is en gebaseer is op die model afkomstig van die OIV en die International Oenologists Association.

Vind die volledige uitslae van die kompetisie by cmsauvignon.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>