Bordeaux in Frankryk is die suksesvolste en mees geagte gehalte-wynstreek in die wêreld met bekende handelsmerke soos Château Lafite en Mouton. Die Commanderie de Bordeaux is ‘n vereniging van meer as 5 000 wynliefhebbers in 26 lande wat hulle beywer vir die bevordering van die wyne en gehaltestandaarde van Bordeaux. Die hoof van die Commanderie, Emmanuel Cruse, eienaar van Château d’Issan, het op 24 Augustus die verrigtinge gelei vir die stigting van die eerste kamer van die Commanderie in Suid-Afrika.
Die La Motte-wynlandgoed buite Franschhoek was die gasheer vir die stigtingsfunksie en die eienaar van La Motte, Hanneli Rupert-Koegelenberg, is ingewy as die eerste lid van die Suid-Afrikaanse Kamer van die Commanderie de Bordeaux. Sy het gaste daaraan herinner dat sowel die wynbedryf van Bordeaux as Suid Afrika die resultaat is van kommersiële aktiwiteite van Nederlandse handelaars in die middel van die 17de eeu.
Dertig Suid-Afrikaanse wynpersoonlikhede is ingelyf by die Suid-Afrikaanse kamer en die groep sluit bekende wynmakers en persoonlikhede in die media, handel, restaurant- en hotelbedryf in. Die Suid-Afrikaanse wynlegende, Günter Brözel, wat vir 33 jaar keldermeester van Nedeburg was, het die eerste ere-lid geword.
Die stigting van die Commanderie in Suid Afrika kom op ‘n baie geleë tyd vir Suid-Afrikaanse wyn wat tans gebuk gaan onder finansiële en sosiale druk. Met 30 van die toonaangewende persoonlikhede as Suid-Afrikaanse wynkommandeurs is ‘n baie nuttige platform geskep vir die bespreking en aanspreking van baie van die uitdagings van die SA wynbedryf.
Die volledige lys van name wat ingelyf is tot die Commanderie de Bordeaux:
Wynmakers:
1. Etienne le Riche
2. Johan Malan
3. Razvan Macici
4. Tariro Masayati
5. Johan Joubert
6. Neil Ellis
7. Debbie Thompson
8. André van Rensburg
9. Pieter Ferreira
10. Anthony Hamilton-Russell
11. Hein Koegelenberg
Persoonlikhede:
12. Duimpie Bayly
13. Johann Krige
14. Jean Engelbrecht
15. Anne Cointreau
16. Jan Coetzee
17. Marilyn Cooper
18. Christine Rudman
19. Hanneli Rupert-Koegelenberg
20. Danie de Wet
21. Ray Edwards
22. Tinus van Niekerk
Cuisine:
23. Fortunato Mazzone
24. Susan Huxter
Handel:
25. Carrie Adams
26. Caroline Rillema
Media:
27. Fiona McDonald
28. Jeanri-Tine van Zyl
29. Melvyn Minnaar
30. Neil Pendock
Vir meer inligting oor die Commanderie de Bordeaux, besoek gerus http://www.commanderie.org/
EINDE
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast
Hello to every one, the contents existing at this web page
are actually remarkable for people experience, well, keep up the good work fellows.