Suid-Afrika se leidende posisie in die wêreld wanneer dit by die maak van brandewyn kom, is pas weer bevestig met die toekenning op ’n vooraanstaande Europese spiritualieë-kompetisie van 'n viertal goue medaljes aan spesialis-potketelbrandewyne in die portefeulje van Fine Brandy. By Design ™.
Op die 2011- Concours Mondial de Bruxelles, wat in Luxemburg gehou is, is goue medaljes aan Klipdrift Gold, Oude Meester 12 Year Old Reserve, Oude Meester Demant en Van Ryn’s 15 Year Old Fine Cask Reserve toegeken.
Al vier wen gereeld medaljes by internasionale kompetisies. Van Ryn’s was al drie keer die wenner van die titel “beste brandewyn ter wêreld” op die International Wine & Spirit Competition, en het ook reeds drie keer die trofee vir die beste brandewyn by die International Spirits Challenge verower.
Carrie Sanders, die handelsmerkbestuurder van die portefeulje luukse brandewyne, sê: “Sulke bestendige prestasies bevestig wat gerespekteerde spiritualiekenners wêreldwyd te sê het oor Suid-Afrika se vermoë om brandewyn te maak wat met die beste van elders kan meeding. Fynproewers geniet die uitgesproke vrugtige styl van plaaslike potketelbrandewyn, asook die elegansie en fyn tekstuur.”
Sy sê daar is vandag ’n nuwe geslag Suid-Afrikaners wat plaaslike fynproewersbrandewyn verkies.
“Mense drink dit skoon of in mengeldrankies, en geniet dit saam met 'n verskeidenheid van disse. Hulle drink – met trots – brandewyn wat die goedkeuring van die wêreld se voorste spiritualiekenners wegdra.”
Vir meer inligting oor Fine Brandy. By Design™, besoek gerus www.finebrandy.co.za, en om dit deel van jou sosiale netwerk te maak, gaan na www.facebook.com/FineBrandy.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast