Rust en Vrede wen globale wyntoerisme-toekenning

Date posted:
December 10, 2009

Die Rust en Vrede-landgoed buite Stellenbosch is aangewys as algehele Suid-Afrikaanse wenner van die Great Wine Capitals Best of Wine Tourism-kompetisie.

 

Rust en Vrede deel ook internasionaal die titel as beste kelderrestaurant met die bekende Italiaanse restaurant in die Trebbio-kasteel in Chianti wat eens in die besit van die Medici-familie was.

 

Benewens Suid-Afrika en Italië, is die lede van die Great Wine Capitals-netwerk Frankryk, Spanje, Portugal, Duitsland, Argentinië en die VSA, met Nieu-Seeland as jongste lid.

 

Die onderburgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, Clarence Johnson, het by ? middagete voorberei deur Rust en Vrede se sjef, David Higgs, die toekenning aan dié toonaangewende Stellenbosse landgoed oorhandig, asook aan al die ander Kaapse kategoriewenners.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram