Roodeberg stel sy jongste Classic Rosé bekend

Roodeberg is so sinoniem met Suid-Afrika en wyn-entoesiaste soos … wel, braaivleis, sonskyn en rugby. Hierdie ikoniese handelsmerk het pas die jongste oesjaar van sy gesogte Classic Rosé bekend gestel.

Die Roodeberg Classic Rosé 2021, wat reeds ’n goue medalje op vanjaar se Michelangelo International Wine and Spirits Awards los geslaan het, loop oor van aarbei-, spookasem- en framboosgeure, omhels deur roosblare en Turkse lekkers.

“Ons jongste Classic Rosé is ’n heerlike versnit van rooi kultivars met cabernet sauvignon in die hoofrol. Dit is vars en aanloklik met goeie suur en ’n lang, vrugtige einde wat dit perfek maak vir die somer,” sê James Ochse, die wynmaker.

Hierdie “vakansie in ’n glas” is die ideale maat vir somerdisse soos seekos, hoender, varksosaties, tapas, soesji en slaaie, of geniet dit op sy eie, verkil.

Roodeberg se Classic Rosé 2021 is by vooraanstaande winkels beskikbaar, of by die Roodeberg Emporium, teen sowat R85 per bottel.

Vir aanlynverkope, besoek https://www.kwvemporium.co.za/.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>