Roodeberg, die legendariese handelsmerk wat meer as 70 jaar reeds ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika is, het nie net goud raak geboor op die jongste Veritas-toekennings nie, maar ook dubbelgoud!
Roodeberg se Classic Red Blend 2020 is met ’n goue medalje beloon, terwyl die vlagskipwyn, Dr Charles Niehaus 2017, dubbelgoud los geslaan het.
Byna 1 300 wyne is vir vanjaar se kompetisie ingeskryf.
Suiwerheid van vrug en kompleksiteit lê aan die hart van die Dr Charles Niehaus 2017, ’n formidabele versnit van cabernet sauvignon (39%), shiraz (37%), malbec (10%), merlot (7%) en cabernet franc (7%). Die wyn is vernoem na die stigter van hierdie gesogte handelsmerk.
Die Roodeberg Classic Red Blend 2020 is steeds ’n groot en belangrike deel van die Suid-Afrikaanse wynlandskap.
Vir meer inligting of om aanlyn te koop, besoek www.roodeberg.com
EINDE