Vir ons volgende produsent in die reeks oor Suid-Afrika se twee brandewynroetes en hul vele bekroonde brandewynprodusente, keer ons terug na die Klein Karoo, en hierdie keer na die hoofstad, Oudtshoorn.
Die Kango-Wynkelder is die oudste koöperatiewe kelder in Oudshoorn. Kango het aanvanklik op die tabakbedryf gefokus voor hul eerste druiwe in 1975 ge-oes is. Sedertdien het Kango 'n belangrike produsent van wyn en brandewyn in die Klein Karoo geword en 'n enorme impak gehad op die verbetering van die gehalte en die reputasie van hierdie gebied se produkte.
Die kelder se passie vir brandewyn word onderskryf deur die aantal toekennings wat reeds gewen is, veral vir die beroemde Hanepoot Brandewyn en die Kango VO. Nuwe toevoegings tot hul reeks sluit in die Buchu en Honeybush Brandewyn.
Besoektye
Maandag-Donderdag: 08:00-17:00
Vrydag: 08:00-16:30
Saterdag: 09:00-13:00
Kontakbesonderhede
Tel: 044 272 6065
Faks: 044 279 1038
E-pos: wynhuis@kangowines.com
Webwerf: www.kangowines.com
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast