Roep die jaar vaarwel toe met ‘n ‘fees van vonkels’!

 Eindig ’n vonkelende jaar met ’n fees vol vonkel! Franschhoek se jaarlikse Cap Classique & Champagne-fees, The Magic of Bubbles, is ’n hoogtepunt op elke jaar se sosiale kalender en word vanjaar op 1 en 2 Desember in hierdie bekende Bolandse dorp aangebied. Dis ’n fees waar stylvole klere gekomplementeer word deur sommige van Suid-Afrika se beste Méthode Cap Classiques (MCC) en Franse sjampanjes.

Die ikoniese Hugenote-museum sal weer eens die agtergrond wees vir die naweek se feestelikhede waartydens besoekers rustig kan ontspan en “die sterre kan drink”. Die groot markiestent sal die middelpunt wees waarom alles draai. Elegansie, sofistikasie en swier is altyd aan die orde van die dag tydens The Magic of Bubbles en gaste sal die verskillende vonkelwyne, uit plaaslike sowel as buitelandse kelders, kan geniet met watertand-eetgoed uit sommmige van Franschhoek se wêreldklas-restaurante.

Franschhoek se sjampanjefees bring ‘n stylvolle einde aan die jaar.

Die tema vanjaar is Swart & Wit en die bes geklede paartjie elke dag sal weer eens met ’n heerlike prys wegstap. Moet dus nie huiwer om vooraf bietjie moeite te doen en jou beste voet voor te sit nie, by wyse van spreke.

Kaartjies vir The Magic of Bubbles kos R395 per persoon en sluit in toegang tot die fees elke dag tussen 12:00 en 17:00, asook ’n komplimentêre proeglas en MCC-proekoepons. Bykomende koepons kan op die dag gekoop word. Kinders onder 18 sal gratis tot die fees toegelaat word. Hou die pers en die besprekingswebblad dop vir verdere besonderhede rakende die beskikbare BBP-opsies.

Bespreek direk by www.webtickets.co.za, maar moenie gras onder jou voete laat groei nie want die kaartjies is beperk.

Vir meer inligting en om op hoogte te bly van enige verwikkelings, besoek www.franschhoekmcc.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>